(Jwplayer)

December 9, 2015

#FarmAttack: Update: Afrikaner farmer in court for shooting black attacker in self-defence after being attacked with an axe


'n Boer van die Fouriesburg-omgewing het glo 'n man doodgeskiet wat hom met 'n byl probeer aanval het.
Die oorlede swart aanvaller was glo 'n bekende veedief in die omgewing. Hy is twee keer geskiet en op toneel dood. . .

Josef van Eeden (33) het vlugtig in die Fouriesburg-landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn nadat hy Papiki Abraham Mokoena (36) glo voor sy vrou doodgeskiet het.

Van Eeden is dieselfde dag op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Sers. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die skietery het Maandag omstreeks 08:00 op ’n plaaspad gebeur toe Van Eeden Mokoena en sy vrou langs die pad gekry en hulle ’n saamrygeleentheid aangebied het.

Volgens Mophiring was Mokoena na bewering ’n bekende veedief in die omgewing en het hy ook twee uitstaande sake van gewapende roof by Rouxville teen hom gehad.

“Mokoena was bekend onder die boere in die omgewing. Hy het Van Eeden na bewering met ’n klein byl probeer aanval waarna Van Eeden hom geskiet het,” sê Mophiring.

Dit is nie seker hoekom Mokoena Van Eeden probeer aanval het nie, want daar was glo nie ’n argument tussen hulle nie.

Volgens Mophiring het Van Eeden self die polisie gebel.

Henk Vermeulen, uitvoerende hoof van Vrystaat Landbou (VL), het die skietery as ’n “betreurenswaardige voorval” beskryf.

“Ons is tevrede dat daar goeie samewerking met die polisie en die vervolgingsgesag is en dat dit op daardie vlak hanteer word,” sê Vermeulen.

Van Eeden moet weer op 18 Desember in die hof verskyn.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Hof/boer-in-hof-na-hy-veedief-doodskiet-20151209

ALSO READ:

■ #FarmAttack: Update: Blacks demand more money from white Afrikaner farmer for shooting black burglar in self-defence

■ #MURDER: Afrikaner farmer was shot in the head when he walked into a shop that was being robbed by blacks in Fouriesburg

#StopWhiteGenocideInSA