The political party that controls a country, controls the media, and subsequently, they control the minds of the masses. . .
(Jwplayer)
December 9, 2015
#FarmAttack: Update: 2 Black attackers jailed 40 years for brutal attack on Cooper couple
Twee gevonnis ná plaasaanval
Twee berugte huisrowers is vandeesweek tot gesamentlik 40 jaar tronkstraf gevonnis in verband met ʼn plaasaanval verlede jaar op Groot Marico in Noordwes.
Kapt. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê Thabo Kotsedi (27) en Tshepo Sebaeng (31) is skuldig bevind aan huisroof ná ʼn aanval op Colin en Maggie Cooper op 12 Augustus 2014 op hul plaas Modderfontein.
Maroela Media het verlede jaar berig (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/plaasaanvalrowers-eet-aandete-terwyl-hulle-slagoffers-aanhou/) die Cooper-egpaar, albei in hul 60’s, is die Maandag tussen 18:00 en 19:00 oorval. Kotsedi en Sebaeng het Colin buite die huis ingewag. Colin was vir sake in Johannesburg en het pas by die huis aangekom toe hy oorval is. Maggie was alleen in die huis. Die aanvallers was met messe gewapen en het Colin in die huis in gedwing, waarna hulle die egpaar vasgebind en erg aangerand het. Hulle het tydens die aanval hulself aan die afgetrede egpaar se aandete gehelp. Die verdagtes het waardevolle huisware gesteel en in die egpaar se motor van die toneel gevlug. Hul voertuig is omstreeks 00:00 verlate naby Zeerust opgespoor.
Maggie kon eers die volgende dag daarin slaag om haarself te bevry, waarna sy hulp ontbied het. Albei is beseer en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Sebaeng is ʼn paar uur ná die aanval in hegtenis geneem. Sy inhegtenisneming het gelei tot die inhegtenisneming van Kotsedi ʼn paar dae later in Swartruggens.
Genl.maj. Jacob Tsumane, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die Groot Maricopolisie geluk gewens met die skuldigbevinding en vonnis. “Ons hoop die vonnis bring vertroosting aan die slagoffers,” het hy gesê.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/twee-gevonnis-na-plaasaanval-ons-hoop-dit-bring-vertroosting/
ALSO READ:
■ Survived: Farm couple Colin and Maggie Cooper, tied up, beaten up by 2 black males Zeerust
#StopWhiteGenocideInSA