(Jwplayer)

December 29, 2015

#ATTACK: Two Afrikaner brothers, Dohan and Johan-Rick Greeff was attacked on December 23 while they were on holiday . They are still in hospital

Untitled-1
Dit gaan beter met die twee broers
Dit gaan beter met die twee broers wat twee dae voor Kersfees by Margate met messe gesteek is.
Dohan en Johan-Rick Greeff is op 23 Desember aangeval. Dohan is in sy oog gesteek en Rick-Johan is in die kop links bokant sy oor gesteek.
Me. Wanda Greeff, hulle ma het gesê Dohan was gister nog in die intensiewe sorgeenheid. Sy glukose is onder beheer en hy sal binne die volgende twee dae na die hoësorgeenheid oorgeplaas word.
IMG-20151229-WA0004
Johan-Rick sal moontlik gou ontslaan word.
Die voorval het ‘n aanloop vroëer die aand gehad toe Dohan voor die woonstel waar die gesin vakansie gehou het van sy selfoon beroof is.
Rowers het hom met ‘n mes aangehou.
Nadat hy sy familie vertel wat gebeur het, het Johan-Rick en ook hul pa mnr. Boet Greeff in die kar geklim om die booswigte te gaan soek.
IMG-20151229-WA0005
Dohan Greeff herstel tans in die intensiewe sorg eenheid
Boet het sy seuns by n pretpark naby die hoofstrand afgelaai in die hoop om die verdagtes te kry. Hulle sou mekaar later by die Wimpy ontmoet.
Johan-Rick het sy gaspistool uitgehaal toe drie vreemde mans hulle genader het. Toe hulle nader kom het Johan-Rick op hulle begin skiet. Twee het hulle uit die voete gemaak en Dohan het die derde verdagte agterna gesit.
Die verdagte het hom by die roomysstalletjie ingewag en in die hardloop met ‘n mes gesteek.
Johan-Rick wat nie vêr agter sy boetie was nie, het gesien hoe Dohan gesteek word. Hy het ook met die gaspistool op die rower losgetrek.
Die rower het Johan-Rick ook oorval en met dieselfde mes gesteek.

“Dit gaan beter met albei ons seuns. Dankie vir almal se gebede,” het me. Greeff gese.

http://witbanknews.co.za/?p=57632

#StopWhiteGenocideInSA