(Jwplayer)

November 2, 2015

#MISSING: Fears for her life: Alliya Jackson (13) went missing on Thursday, October 22

Alliya went to buy an Ice lollipop at a nearby tuck shop in High Street, Turffontein, but never returned home

A heartbroken mother is asking the community of the South to help locate her 13-year-old daughter who reportedly went missing on Thursday, October 22.
#StopWhiteGenocideInSA

Jhb-egpaar soek ‘dag en nag’ na vermiste dogter 

 ʼn Egpaar van Turffontein in die suide van Johannesburg soek die afgelope  tien  dae “letterlik  dag  en  nag” na hul 13-jarige  dogter ná haar verdwyning. Sally  Jackson  het aan Maroela Media gesê haar jongste dogter, Alliya,  het  vermis  geraak  nadat sy dié middag saam met twee vriende  na ʼn winkel naby hul huis gestap het. “Die winkel is net om die draai van ons huis en sy stap byna elke dag soontoe. Daar was nog nooit enige probleme nie,” het sy gesê. Die betrokke middag het Sally en haar man, Leonard, egter bekommerd geraak toe Alliya teen skemer steeds nie tuis was nie. “Ons het gedink sy het dalk na een van haar vriendinne se huis toe gegaan en het hulle gekontak, maar hulle het gesê hulle het Alliya die laaste keer by die winkel gesien  toe sy gesê het sy gaan huis toe.” Oproepe na ander vriendinne van Alliya het ook niks opgelewer nie. Sally,  wat  nagskof  werk, soek sedertdien elke dag heeldag na Alliya deur die gebied rondom hulle huis  te  fynkam, asook die strate van Rosettenville op en af te stap. “’n Vrou het my ʼn paar dae terug  gebel en gesê sy dink sy het Alliya saam met drie swart mans langs ʼn straat in Rosettenville sien  staan,  maar sy was nie honderd persent seker of dit wel Alliya was nie. Daarom soek ons nou in  Rosettenville  met  die  hoop dat sy dalk daar êrens is.” Wanneer Sally vroegaand werk toe gaan en Leonard van die werk af kom, is dit sy beurt om deur die  nag te soek. “Vandat Alliya vermis geraak het, het ek en Leonard seker nog net ʼn paar ure geslaap.  Ons soek letterlik  dag  en nag na haar. Sy is nie die soort kind wat net sal verdwyn sonder
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/jhb-egpaar-soek-dag-en-nag-na-vermiste-dogter/

#StopWhiteGenocideInSA