(Jwplayer)

November 2, 2015

#FarmAttack: Update: Northwest Afrikaner farmer critical after being attacked & shot by 7 armed black attackers on their farm

Noordwes-man kritiek ná aanval op plaas.

ʼn 57-jarige  man is in ʼn kritieke toestand nadat hy en sy 68-jarige vrou Vrydagaand op ʼn plaas in die Elandskraal-omgewing naby Mooinooi, buite  Rustenburg, deur sewe gewapende swart rowers oorval  is.

Kapt.  Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die egpaar is oorval toe hulle omstreeks 18:30 by hulle huis stilgehou het nadat hulle by ʼn winkel was. Die vrou het erge kneusplekke opgedoen soos sy deur die swart aanvallers gesleep en vasgebind is. Die man is in sy maag en been geskiet en is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Die rowers het met ʼn onbekende bedrag geld, juweliersware, die vrou se handsak en twee voertuie gevlug. Een van die voertuie is later  verlate  in  Marikana gevind. Ramaloko kon nie die egpaar se name bevestig nie, maar hulle is op sosiale media as Daan Venter en sy vrou geïdentifiseer.

  ʼn  Saak van gewapende roof word ondersoek.

 Maroela Media verneem dat nog twee aanvalle Vrydagaand in dieselfde gebied plaasgevind het. 

ʼn Egpaar is na bewering Vrydagaand op ʼn plaas in die Beestekraal-omgewing buite Rustenburg aangeval  en die man is deur die aanvallers geskiet.

 ʼn Derde egpaar is ook glo ernstig beseer toe hulle na bewering omstreeks 22:00 by hul huis in Dinie  Estates  in  Rustenburg oorval en met ʼn kapmes aangerand is. Die man is glo in sy voet geskiet.

Ramaloko kon nie teen Maandagmiddag hierdie twee aanvalle bevestig nie en het onderneem om meer inligting  aan  Maroela Media te verskaf sodra dit beskikbaar is.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/noordwes-man-kritiek-na-aanval-op-plaas/

#StopWhiteGenocideInSA