(Jwplayer)

November 3, 2015

#ATTACK: Two Afrikaner families attacked by armed black attackers in police uniform in the Moot.

Foto: Corlia Kruger.

Gewapende rowers teiken mense in die Moot

ATTACK 1: Gewapende mans het Dinsdag ‘n huis in Beyersstraat in Waverley beroof en met ‘n stewige bedrag in kontant weggekom.

Villieria-polisiewoordvoerder Kaptein Koba Brits sê volgens die tuinier is hy die oggend deur drie mans genader.

“Hy beweer dat een van die swart aanvallers in ‘n polisie-uniform geklee was,”

Brits sê die mans het blykbaar voorgegee dat hulle aanwysings soek totdat een van hulle ’n vuurwapen uitgepluk het.

Hulle het die tuinier in die huis se rigting gedwing waar hulle hom, die huiseienaar en ‘n huiswerker vasgebind het.

Die drie booswigte het die huis deursoek en ’n groot bedrag geld en ’n pistool uit ’n kluis gesteel voordat hulle padgegee het.

Nemand is beseer nie en polisie stel ondersoek in.

Die aanduidings is dat inbrekers verlede week heel bedrywig was in die Moot-omgewing.

ATTACK 2. Inwoner Chantel Barkhuizen vertel hoe sy amper ’n slagoffer van rowers geword het.

“Ek is die Donderdagoggend met my seuntjie by die huis, toe ’n swart BMW voor die hek stop,” sê sy.

Een van twee mans in die voertuig het die hekmotor met ’n koevoet gebreek het om toegang tot die erf te verkry.

“My honde het op hulle afgestorm en toe gooi hulle ’n twee-litter plastiek bottel met ’n vreemde vloeistof oor die hek.”

Barkhuizen sê nadat sekuriteit uitgeroep is en die mans gevlug het, sy uit die huis gekom het om ondersoek in te stel.

“Ek het in die vloeistof getrap wat my voete deur my kouse gebrand het.”

Barkhuizen sê sy weet steeds nie wat in die bottel was nie maar verduidelik dat dit gevoel het asof sy oor warm kole loop.

“Hulle het binne 20 minute by nog twee huise ingebreek,” sê Barkhuizen.

Sy glo dat dieselfde rowers verantwoordelik was vir inbrake tussen 30e en 25e Laan. Hulle gebruik ‘n swart BMW, ’n Volvo en Tazz as vervoer.

Die Villieria-polisie stel ondersoek in. 
http://rekordmoot.co.za/55884/gewapende-rowers-teiken-die-moot/

#StopWhiteGenocideInSA