(Jwplayer)

November 5, 2015

#Attack: Groblersdal part time Afrikaner farmer, Chris Verster (52) survived an attack on N4 after being severely beaten, kicked and assaulted for 2 hours

"With a pistol to my head, the black (Sotho) attackers grabbed me by my hair and pulled so hard that my neck made ​​cracking noises. With my hands and legs tied up, They then started kicking & beating me on the chest & stomach. The black attackers repeatedly hit me on the my face. Some of them were hitting me with rocks on my head "

....This moment Chris through: “This is it, I'm going to die today....



“Ek kan nie nou praat nie, ek het ʼn probleem.Dít is al woorde wat Chris Verster (52), ʼn sakeman en deeltydse boer van Groblersdal in Limpopo, Maandag vir sy vrou kon sê terwyl hy twee ure lank in Pretoria gemartel en beroof is nadat hy gekaap is.
Sy bekommerde vrou, Berna, het daarna glo vergeefs probeer om die opsporingsmaatskappy Tracker sover te kry om op haar man se
hulpkrete te reageer. 

Verster het Woensdag aan Maroela Media gesê hy was in die noorde van die stad toe die nagmerrie omstreeks 13:00 begin
het.

“Ek was in my bakkie op pad na ʼn sakeonderneming in Rosslyn en het op die N4-snelweg die Rosslyn-afrit geneem,” het Verster gesê. “By die stopstraat moes ek stilhou om vir
ʼn voertuig wat my van regs af genader het, toe te gee. Toe ek wou wegtrek, het vier mans voor my gestaan. Toe ek regs kyk, kyk ek teen die loop van ʼn pistool vas. Daar was ook ʼn man aan die linkerkant van my bakkie.”

Verster het besef hy is in die moeilikheid en het sy samewerking gegee en vir die Here gebid om hom te help. “Die mans het Sotho gepraat. Ek
het hulle in Sotho aangespreek en vir hulle gesê hulle moet vat wat hulle wil.”
ʼn Man het Verster uit die bakkie gepluk, sy regterarm gegryp en sy bankkaart, beursie, selfoon en bril gevat. Die man het hom terug in die bakkie geboender sodat hy teen die sitplek vasgepen is. Die groep het met Verster in die
bakkie sowat ʼn kilometer verder na ʼn afgeleë beboste gebied in die Rosslyn-omgewing gery.
Daar het hulle hom uit sy bakkie geruk en sy hande agter sy rug en sy voete met draad vasgemaak.
Die groep het Verster herhaaldelik in die gesig geslaan terwyl hulle aangedring het dat hy sy bankkaart se pinkode vir hulle gee. “Ek was geskok en deurmekaar en kon nie dadelik die pinkode onthou nie. My vrou hanteer ook gewoonlik die banksake. Ek het net vir die Here gebid om my te help om die nommer te laat onthou, waarna ek dit uiteindelik vir hulle kon
gee.”

Vier mans het by Verster gebly terwyl twee in die bakkie weg is. Omdat Verster baie op die pad is, het hy ʼn ooreenkoms met sy vrou om haar
altyd te bel sodra hy by sy bestemming opdaag. “My vrou het omstreeks 14:00 gebel omdat ek haar nie gebel het toe ek in Rosslyn aangekom het nie. Een van die mans het die foon teen my oor gehou met die opdrag ‘you better speak
nicely’
. Ek het net vir Berna gesê: ‘Ek kan nie nou praat nie, ek het ʼn probleem’, toe gryp hulle my aan my hare en ruk my kop so hard dat my nek kraakgeluide gemaak het.”
Verster het gesê hy is toe eers erg aangerand en onder meer geklap, met ʼn klip teen sy kop geslaan en op sy bors en maag geskop.
“Ek het gedink dit is verby
. Ek het vir die Here gebid en vir Hom gesê hy moet my sondes vergewe.”

Intussen het Berna onraad gemerk en die opsporingsmaatskappy Tracker gebel. ʼn Operateur het glo aan haar gesê dat hulle nie mag reageer alvorens ʼn vermistepersone-saak by die polisie aanhangig gemaak is nie, omdat
sommige kliënte hul sisteem misbruik en hul eggenote dan by ʼn kuierplek of ʼn “skelmpie” se bed betrap word. Berna was by een van hul
sakeondernemings en het nie vervoer gehad nie.
Sy het die polisie gebel, maar hulle het glo verkeerdelik vir haar gesê dat ʼn
vermistepersone-saak eers oor 24 uur aangemeld mag word. Sy het glo vier keer vir Tracker gebel en tevergeefs probeer pleit om
hulp.

Verster het gesê sy aanvallers het hom omstreeks 15:00, toe die twee wat gery het, teruggekeer het, beveel om af te kyk, waarna hulle sy arms losgemaak en sy bakkie se sleutel vir hom teruggegee het. “Ek het gedink hulle gaan my nou skiet. Ek het afgekyk. Dit het soos ʼn ewigheid gevoel. Ek het uiteindelik gewaag
om te loer of ek hulle sien, maar toe ek kyk, was
hulle weg.”

Hy het verduidelik dat sy hande geswel en dood was soos wat die draad sy bloedtoevoer afgesny en in sy vleis ingesny het. “Ek het omtrent 15 minute lank gespook om my voete los te kry, want my hande kon nie saamwerk nie. Ek is
daarna na my bakkie en het dadelik na ʼn sakekennis in die omgewing gery om hulp te ontbied.”
Daar is Berna dadelik gebel om te sê dat Verster gekaap is en van R850, sy horlosie, beursie, bankkaart, bril, selfoon en GPS beroof is. Berna het dadelik die bankkaart gestop, maar die verdagtes het toe reeds R9 400 se goedere
by ʼn winkel in Marabastad in die middestad aangekoop.
Verster is daarna na die Unitas-hospitaal geneem vir mediese behandeling en is dieselfde dag ontslaan. Die voorval is by die Pretoria- Noord-polisiestasie aangemeld en hulle is besig met die ondersoek. 

Die Verster-gesin is glad nie tevrede met die diens wat hulle van Tracker gekry het nie en is van mening dat sy twee uur lange nagmerrie n verkort kon word, en dat ses verdagtes moontlik
aangekeer kon word, sou die maatskappy op hul pleidooie reageer het.

Tracker se bedryfsdirekteur en senior beamptes sal ook na verwagting Donderdag die gesin besoek om die saak te bespreek en persoonlik om verskoning te vra.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/jy-beter-mooi-praat-se-aanvallers-toe-sakeman-se-vrou-bel/

#StopWhiteGenocideInSA