(Jwplayer)

November 9, 2015

#ATTACK: Former ambassador, Afrikaner, Johan Lotter (86) attacked by four black attackers with knives in his home in Menlo Park, Pretoria



Vier binne uur vas ná rooftog op oudgesant

Wat de duiwel het ek dan verkeerd gedoen om dít te verdien?”
So wonder die oudambassadeur Johan Lötter (86) ’n week nadat vier boewe met messe hom in sy huis in Menlopark, Pretoria, oorval het.
Nie net is hy byna ongedeerd nie, maar die polisie het ook binne ’n uur sy gesteelde motor en goedere opgespoor en die boewe gearresteer.
Lötter sê hy was agter in die huis doenig toe iets sy aandag trek. Hy was skaars by die sitkamer toe die vier hom oorval en bo-op hom gaan sit.

Dit is hoofsaaklik sy regterarm en -hand wat seergekry het.

“Ek het heeltyd vir hulle gesê: ‘Ek is 86 jaar oud. ’n Madala. Hoekom doen julle dit? Ek het nie nog geld nie.’ Maar hulle wou niks weet nie.”

Twee van die swart aanvallers het in ’n stadium opgespring en na die motorhuis gehardloop terwyl die ander twee op Lötter bly sit het.
Hy het hulle uiteindelik op die een of ander manier verwilder en kon sy pistool in die slaapkamer in die hande kry.
Toe hy buite kom, was die vier besig om met sy Citroën onder die afdak uit te ry.

“Ek het een keer op hulle geskiet. Ongelukkig het ek gemis en een het uitgespring en die pistool by my afgevat en weggery.

“In my geval kan ek nie kla oor die polisie se diens nie, want hulle was uitstekend.”
Lötter was in die vroeë 1990’s die Suid-Afrikaanse ambassadeur in onder meer Finland en Israel. Hy het ook sy land in Parys, Frankryk, en Australië verteenwoordig.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/Vier-binne-uur-vas-na-rooftog-op-oudgesant-20151108

#StopWhiteGenocideInSA