(Jwplayer)

November 6, 2015

#ATTACK: Afrikaner teen (16) stabbed in her neck & arms with a bottle by a black attacker on her way home from school

‘n Hoërskool Tuine meisie is Woensdag oppad huistoe aangeval in die Daspoort tonnel
Madelein Mia Prinsloo wys die wonde op haar nek. Foto's: Nthabiseng Madumo

Skoolmeisie met bottel gesteek in Daspoort tonnel aanval

Madelein Mia Prinsloo wys die wonde op haar nek. Foto's: Nthabiseng Madumo
’n 16-jarige meisie van Danville is Woensdag oppad huistoe van die skool af in die Daspoort tonnel aangevaal.

Madelein Mia Prinsloo is in haar nek en en op haar arms met ’n bottel gesteek deur ’n man wat haar wou beroof.

“Ons skryf eksamen so daar was geen bus nie, en ek het besluit om huistoe te loop. Ek was skaars in die tonnel toe ek sien daar is ’n man wat my agtervolg. Die man het nader geloop en met my begin gesels,” vertel Prinsloo.

“Hy het my gevra om saam met my te loop, maar toe sê ek vir hom my outjie wag vir my die anderkant van die tonnel.”

Prinsloo sê toe die man sien daar is ’n ander man wat na hulle kant toe loop, het hy haar gelos en begin wegloop.

“Die ander man het verby geloop en die aanvaller het weer agter my begin loop. Hy het toe vir my gesê ek moet vir hom my nommers gee. Ek het gesê ek sal, maar toe vra hy dat ek vir hom my selfoon wys,” sê Prinsloo.

Sy sê sy het vir die man gesê dat sy nie haar selfoon by haar het nie, maar die man het haar nie geglo nie.

Prinsloo sê die man het daarna begin aggressief raak. Sy sê sy het gesien die man het iets by hom toe hy sy hande in sy sak sit.

“Hy het my teen die muur van die tonnel vasgedruk en probeer om my selfoon uit my sak te ruk. Hy het ’n gebreekte bottel uitgeruk en probeer om my in my sy te steek,” sê Prinsloo.

Sy sê ’n paar vroue het in die tonnel geloop en toe hulle nader was het een van hulle agter die man ingehardloop.

“’n Ander man het in die middel van die tonnel gestop met sy kar. Ek dink hy is die een wat die polisie gebel het.”

Prinsloo sê die man het probeer om haar in haar nek te steek en het haar agter haar oor gesteek.

“Ek het nie besef dat die man my gesteek het nie. Ek het gesien toe ek weghardloop dat hy my gesteek het toe ek my bloed sien drup.”

Die aanvaller het Prinsloo op haar hande ook gesteek en sy moes hospitaal toe gaan vir behandeling.

Prinsloo se vriend, Evan Fourie, het aan Rekord gesê na die aanval gebeur het, het hy haar gebel.

“Iets het vir my gesê ek moet haar bel. Ek was in Nelspruit. Toe ek haar bel het sy gesê iemand het haar gesteek en daar is bloed. Ek het van daar af begin ryloop om hierheen te kom,” sê hy.

Prinsloo se familie is baie gelukkig dat sy veilig by die huis is en dat niks ernstig gebeur het nie.

“Ek is bly sy is veilig. Na die aanval het ek op Facebook geskryf daaroor, en ek hoop iets sal gedoen word oor die tonnel,” het Mariana Visser, Prinsloo se ma, gesê. http://rekordmoot.co.za/56200/skoolmeisie-in-daspoort-tonnel-aangeval/

#StopWhiteGenocideInSA