(Jwplayer)

October 24, 2015

#Murder: Update: Four black killers wanted for the murder of Steve Botes who was shot 7 times in his vehicle

Steve Botes. Foto: verskaf.

Vier rowers gesoek na moord


Petoria-Noord se polisie is op soek na vier gewapende rowers na die moord van ’n 64-jarige man in Hesteapark.

Steve Botes is sewe keer in sy motor geskiet voordat hy van R150 000 in kontant beroof is.

Botes se familie en maat is platgeslaan na sy dood. Sandra Botha (60), Botes se lewensmaat, is in rou gedompel na haar geliefde so skielik en wreedaardig weggeneem is.

Sy ontvang behandeling vir trauma en wou nie met die media praat nie.

“Dis moeilik vir haar om sy dood te verwerk,” vertel ’n vriendin van die paar, Marie Bredenkamp.

“Steve was die broodwinner en daar is nou niemand om haar te help om die las dra nie.”

Botes, ’n handelverskaffer van ’n tabakmaatskappy, het op die aand van sy moord saam met ’n werknemer gery om die geld af te lewer.

Die aanduidings is dat Botes voorgekeer is deur twee voertuie.

“’n Swart BMW het voor hom ingejaag en ’n ander motor het agter hom stilgehou,” vertel Bredenkamp.

Botes is glo uit sy voertuig geruk en sewe keer geskiet. Die koeëlreën het hom in die maag, rug, bene en kuite getref.

’n Werknemer wat saam met Botes in sy voertuig was, is ongedeerd gelaat en die rowers het met hul buit gevlug.

Botes is op die toneel dood.

“’n Saak van moord en gewapende roof word ondersoek. Geen arrestasies is sover gemaak nie,” sê polisiewoordvoerder Luitenant Rebecca Phatlane.

Vier mans word gesoek in verband met die misdaad.

Botes word Dinsdag in die Heatherdale begraafplaas begrawe.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717. http://rekordnorth.co.za/?p=56042#.VitZQv94B8M.facebook

Also read:
■ ANOTHER #MURDER: Afrikaner man, Steve Botes (64) stopped by black attackers & shot 7 times in his car in Hestiapark

#StopWhiteGenocideInSA