(Jwplayer)

October 27, 2015

#MISSING: Afrikaner mother, Nadia Venter & son (2) disappeared 14 Oct without a trace



Die Alberton-polisie ondersoek twee sake van vermiste persone nadat ʼn ma van Germiston aan die Oos-Rand en haar tweejarige seuntjie op 14 Oktober spoorloos verdwyn het.

Die Alberton-polisie ondersoek twee sake van vermiste persone nadat ʼn ma van Germiston aan die Oos-Rand en haar tweejarige seuntjie op 14 Oktober spoorloos verdwyn het. Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het vandeesweek pamflette van Nadia (22) en Jaydon Venter (2) versprei met die hoop dat iemand hulle sal herken en die polisie in hul ondersoek kan bystaan. “Jaydon en sy ma woon saam in Elspark. Hulle is vir die laaste keer saam in Edenvale gesien. Nadia se ma het hulle as vermis aangemeld nadat sy nie vir Nadia kon opspoor nie,” het Rechner Dinsdag aan Maroela Media gesê. Jaydon se biologiese pa is tans uitstedig vir werksverpligtinge. Nadia het ʼn blou denim en wit T-hemp aangehad die laaste keer wat sy gesien is. Dit is nie bekend watter klere Jaydon aangehad het nie. Nadia het swart hare, weeg sowat 55 kg, is 1,68 m lank en het ʼn neusring. Jaydon het blonde hare en bruin oë. Enigiemand wat weet waar die twee hulle bevind, word versoek om sers. Buthelezi by 078 623 2995 of Pink Ladies by 072 214 7439 of 083 378 4882 te bel.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/ma-en-seun-bykans-twee-weke-lank-vermis/

#StopWhiteGenocideInSA