(Jwplayer)

October 15, 2015

#MISSING: #Afrikaner man, Charles Nicolaas “Charlie” Duvenhage (25) missing since last week Thursday



Charles Nicolaas “Charlie” Duvenhage (25) .


Jong Man Word Vermis, Dringende Uitkyk Versoek

PRETORIA – ‘n Uitkyk versoek is aan Afrikaanse Nuus gerig deur Anne-marie en Kurt von Wissel vir Charles Nicolaas “Charlie” Duvenhage (25) wat verlede Donderdag spoorloos verdwyn het nadat hy vermoedelik van Pretoria in Sentraal-Transvaal afwou ryloop.
Duvenhage kom oorspronklik van Witbank in Oos-Transvaal waar hy by sy ouers woon. Hy het ’n tweelingbroer en vier ander broers en susters. Afrikaanse Nuus verneem dat Duvenhage verlede  Woensdag saam met sy ouers van Witbank na Pretoria gery het om sy suster se kinders terug te neem nadat die kinders by hulle gekuier het.
Die suster woon op ʼn kleinhoewe in die Paardefontein-omgewing in Kameeldrift, Pretoria. Sy ouers se motor het onklaar geraak en hulle het Woensdagaand by sy suster oornag. Daar word vermoed dat Duvenhage homself Donderdagmiddag vir iemand vererg het, waarna hy omstreeks 17:30 sy ma vir die motor se sleutels gevra, ʼn kledingstuk daaruit gaan haal, die sleutels terug in haar handsak gesit het en nie weer gesien is nie.
Hy het geen geld, ʼn beursie, identiteitsdokument of ander besittings by hom gehad op daardie stadium nie. Hy het ook sy  selfoon in die motor gelos. Sy ouers het aanvanklik vermoed dat hy van Pretoria na Witbank geryloop het, maar ʼn saak van vermiste persone by die Kameeldrift-polisie aanhangig gemaak nadat hy nooit by die huis opgedaag het nie.
Sy familie en vriende weet glo ook nie waar hy is nie. Sy ouers is vreeslik bekommerd en baie emosioneel. Die dag wat hy vermis geraak het, is ʼn verdagte blou bakkie in die omgewing waar hy vermis geraak het opgemerk. Anne-marie en Kurt von Wissel het ʼn beroep op mense gedoen om pamflette met inligting oor Duvenhage op sosiale media te versprei, in die hoop dat iemand hom sal herken. Hoewel hy in Sentraal-Transvaal of Oos-Transvaal kan wees moet mense in gedagte hou dat hy moontlik ʼn ryloopgeleentheid gekry het en dus enige plek in die land kan wees.
Charlie Duvenhage is skraal, weeg 55 kg en is sowat 1,6 m lank. Hy het bruin hare en groen oë. Hy het ʼn tatoeëermerk van ʼn poema op sy linkerskouer. Die klere wat hy aangehad het toe hy vir die laaste keer gesien is, is ʼn driekwart denimbroek, ’n blou T-hemp en Billabong-plakkies. Mense met inligting oor waar hy hom moontlik mag bevind, word versoek om Pink Ladies by 072 214 7439 of 083 378 4882 te kontak of die naaste polisie kantoor
http://bmarksa.org/nuus/jong-man-word-vermis-dringende-uitkyk-versoek/
#StopWhiteGenocideInSA