(Jwplayer)

October 24, 2015

#FarmAttack:Worker attacked by eight armed black men on smallholding in Cullinan

Werker deur 8 gewapende mans op kleinhoewe oorval
ʼn Werker op ʼn kleinhoewe in Cullinan moes Vrydag tydens ʼn gewapende roof luister hoe sy aanvallers bespreek hoe hulle hom gaan doodmaak en sy lyk in ʼn dam gooi. Konst.  Connie Moganedi, woordvoerder van die polisie, het gesê die 55-jarige man is omstreeks 18:00 deur drie gewapende mans oorval voor sy huisie op ʼn kleinhoewe in Bynespoort. Hulle het sy  hande agter sy rug vasgebind met kabelbinders en die heksleutel vir die hoofhuis op die kleinhoewe geëis. Die rowers het die man na sy werkgewer se huis gesleep. Die huis was gesluit en niemand was tuis nie,  het  Moganedi gesê. Nog vier gewapende rowers het by die groep aangesluit, terwyl ʼn agtste rower by die hek wag gehou het. “Hulle het ʼn stortvenster oopforseer en ingeklim. In die huis het hulle  die  veiligheidshek  in  die  kombuis  en die twee kluisdeure oopgesny,” het Moganedi gesê. Die verdagtes het verskeie jaggewere, sakke vol klere en elektroniese toestelle gevat en in ʼn Toyota bakkie gelaai wat op die erf gestaan het. Hulle het die werker ook in die voertuig in boender en na ʼn dam naby Mamelodi Crossing in Pretoria gery. “Daar het hulle bespreek hoe hulle die werker gaan doodmaak en sy lyk in die dam gooi,” het Moganedi gesê. “Een van die rowers het by die ander gepleit om nie die werker dood te maak nie. Hulle  het hom toe vasgemaak en in ʼn beboste gebied gelos.” Volgens Moganedi kon die werker later daarin slaag om los te kom en na ʼn nabygeleë pad te stap waar hy hulp ontbied het.
“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het Moganedi gesê. ʼn Saak van huisroof word ondersoek.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/werker-deur-8-gewapende-mans-op-kleinhoewe-oorval/