(Jwplayer)

October 30, 2015

#FarmAttack: Update: Afrikaner woman lost second loved one, killed by blacks in a farm attack

Six armed black killers surrounded the house outside, shouted: " We're going to kill you all "

Johan Oelofse , a 42 -year-old builder of Louis Trichardt in Limpopo fights back man alone against six armed black attackers who opened fire on their smallholding home. A total of 19 windows were shot to pieces.

In the hail of bullets, Johan Oelofse was felled with a fatal gunshot wound to the head
Foto: ‘n Vroeëre foto van Johan Oelofse en Miempie du Toit. Oelofse is Sondag­aand op ‘n k­leinhoewe buite Louis Trichardt dood­geskiet


In Januarie 2005 is haar pa tydens ‘n plaasaanval op Alldays vermoor en
Sondagaand moes Miempie du Toit haar vriend, Johan Oelofse ook aan die dood afstaan nadat hy tydens ‘n aanval op hul kleinhoewe buite Louis Trichardt in die kop geskiet is.


Du Toit het Dinsdagmiddag na ‘n beradingsessie met ‘n sielkundige aan Polokwa-ne Observer vertel dat Oelofse haar en haar kinders, Inge en Wimpie wou beskerm toe hy noodlottig gewond is.
“Inge het omstreeks 21:30 in die bed geklim. Haar lig was skaars af toe die eerste skoot deur haar venster klap. Daarna was dit soos oorlog met koeëls wat deur die vensters gevlieg het. Negentien vensters is deur ses aanvallers stukkend geskiet,” sê Du Toit.
Die vier huismense het in die gang skuiling gesoek om van die venters af weg te bly. “Johan het intussen sy pistool en selfoon gekry en ‘n vriend geskakel terwyl hy by die vensters uitgeskiet het in ‘n poging om te verhoed dat die aanvallers by die huis inkom. Hy is noodlottig in die kop getref,” sê Du Toit.
Oelofse se vriend het intussen die polisie en die buurtwag in kennis gestel wat vinnig op die toneel was. Du Toit en haar kinders het in die gang bly lê totdat hulp opgedaag het.
“Al wat deur my kop gegaan het was om die kinders en vir Johan te beskerm, maar hy was uiteindelik die held wat met sy lewe moes betaal,” sê sy.
Du Toit sê sy weet nie wat die motief vir die aanval was nie, want die aanvallers het die huis omsingel en losgebrand.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto sê een van die verdagtes is gearresteer nadat die polisie en buurtwaglede die spoor gevolg en hulle onder ‘n brug betrap is.
“Hulle (die verdagtes) het op hul agtervolgers losgebrand en daar is teruggeskiet. Een van die verdagtes is gewond, maar dit is nog nie seker of hy deur Oelofse of die polisie en buurtwag gewond is nie. Hy is tans onder polisietoesig in die Louis Trichardt Gedenkhospitaal,” sê Otto.
Twee vuurwapens wat vermoedelik vroeër die aand tydens ‘n inbraak by ‘n plaaslike leraar se huis gesteel is, is ook gevind.
Du Toit se pa, Ben Keyter is op 4 Januarie 2005 met ‘n graaf op die plaas Dresden naby Alldays doodgeslaan en haar ma, Daleen is erg aangerand. Haar oom, Gawie Keyter is in 1991 in Petrus Steyn in die Vrystaat ook tydens ‘n plaasaanval dood en sy het in Junie 2004 haar man, Wimpie in ’n motorongeluk verloor.
‘n Verassingsdiens word Saterdag om 10:00 vanuit die Agapé Dienssentrum in Louis Trichardt vir Oelofse gehou.
#StopWhiteGenocideInSA