(Jwplayer)

October 21, 2015

#ATTACK: Update: God send angels three times after Afrikaner family were attacked, the father Johan Helberg (52) shot & seriously injured




ʼn Pa van Marloth Park in Mpumalanga is
“deur engele gered” nadat hy Maandag
tydens ʼn gewapende rooftog geskiet is in ʼn
poging om sy gesin te beskerm.
Johan Helberg (52) is tans in ʼn stabiele,
maar ernstige toestand in die waakeenheid
van die Kiaat-private hospitaal tussen
Nelspruit en Witrivier.

Marna Roets, Helberg se eksvrou, het aan
Maroela Media gesê die rooftog het
Maandagoggend vroeg by Helberg se huis
plaasgevind. “Johan se vrou, Yolandi, was
op pad om haar dogtertjie en ʼn maatjie
skool toe te neem. Hulle was reeds in die
motor toe die dogter uitgeklim het om iets
in die huis te gaan haal wat sy vergeet het.
Dit is toe dat vier swart rowers op hulle afgestorm het,” het sy gesê.

Die rowers het Yolandi en die twee kinders
terug in die huis ingedwing. Johan, wat nog
in die huis was, het in ʼn struweling met die
rowers betrokke geraak en skote is
afgevuur.

 “Johan is in die maag en skouer
geskiet,” het Marna gesê. “Hy kon in ’n
stadium daarin slaag om die vuurwapen
weg te draai van hom af en twee van die
verdagtes is ook raakgeskiet, een in die
hand en een in die been.”

Volgens Marna het die rowers op die vlug
geslaan. Dit is nie duidelik of enigiets
gesteel is nie. Helberg, wat nie ʼn mediese
fonds het nie, is na die Tonga-hospitaal in
Tonga View gehaas, maar dokters kon hom
glo nie daar behandel nie. Dit is toe dat “die
engele” ingetree het, het Marna gesê.

ʼn Inwoner van die gemeenskap het betaal
sodat ʼn mediese helikopter Helberg na die
Themba-hospitaal in Kabokweni kon neem,
waar hy gestabiliseer is. “Hulle kon hom ook
nie daar behoorlik behandel nie. Sy arm is in
die aanval gebreek en die been het
heeltemal gesplinter. Hulle het sommer net
gips aangesit sonder om iets aan die been
te doen,” het Marna gesê.
“Sy oogbank is oopgeslaan en het erg
gebloei, maar hulle het nie die wond
toegewerk nie. Hulle het ook die koeëlwond
in sy skouer net aan die voorkant
toegewerk, maar nie agter waar die koeël
weer uit is nie, so die wond het net aanhou
bloei.” Weer eens is die gesin se gebede
verhoor toe ʼn lid van die gemeenskap die
deposito by Kiaat-hospitaal betaal het sodat
Helberg daar opgeneem kon word.
“Hier is ʼn groter hand in hierdie saak, baie
groter as wat enige van ons ooit kon
droom,” het Marna gesê. “Die
ambulansdienste wat Johan Kiaat-hospitaal
toe geneem het, het ook gister gebel om te
sê daar sal nie ʼn rekening wees nie. Ek weet
nie of hulle dit vir ons gratis gedoen het en
of iemand dit vir ons betaal het nie. Ek weet
net dat engele Johan se lewe gered het.”
Helberg is Dinsdagaand geopereer om die
koeëlwonde skoon te maak en te heg, asook
sy gebreekte arm te behandel. “Hy is nou in
die waakeenheid en word deurentyd
gemonitor. Hy het verskriklik pyn. Ons glo
egter hy is buite gevaar en dat hy van hier
af net sal aansterk en herstel,” het Marna
gesê.

Die familie het intussen ʼn fonds gestig vir
finansiële bydraes om vir Helberg se
hospitaalbehandeling te betaal. Die fonds
word deur die nie-winsgewende stigting, In
His Honour Outreach Foundation, bestuur.
Meer besonderhede oor die fonds kan hier
verkry word:



http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/pa-van-mpumalanga-deur-engele-gered-na-gewapende-roof/

Also read:

ATTACK
#StopWhiteGenocideInSA