(Jwplayer)

October 2, 2015

#ATTACK: Survived: elderly Afrikaner woman Susan van Wyk and Kittie van Tonder

Elderly Afrikaner women Susan Van Wyk 69 and Kittie van Tonder: were targeted twice by black women with knives who cut open their handbags in shopping centre - first a black woman 'runs into them' and then their bags were found to be cut open and wallets ripped out. This is reported as a new method of targetting whites and there are fears amongst crime experts that this could escalate into the shop customers' being knifed as well. The incidents are reported frequently.

Report by Corlia Kruger RecordNorth
Twee bejaarde vroue het onlangs vertel hoe hulle die teikens van handsakdiewe by ’n bekende kettingwinkel in die noorde van Pretoria geword het.

Susan van Wyk (69) en Kittie van Tonder (70) het Woensdag vir Rekord vertel van twee aparte gevalle waar hul besteel is van hul besittings by dieselfde winkel waar hulle gereeld inkopies doen.

Van Wyk sê dat sy Vrydag van haar beursie besteel is, na haar handsak onder oopgesny is. “Ek het tussen die winkelrakke gestap toe ’n vrou in my vasloop,” vertel Van Wyk.

“Sy het gesê: ‘sorry madam’ en toe is sy daar weg. Dit het so vinnig gebeur… ek het dit nie eens gevoel nie, maar ’n ruk daarna het ek besef dat my sak, wat ek oor my skouer gedra het, oopgesny is en my beursie weg is.”
Van Wyk sê die beweerde dief het gelukkig nie met baie weggekom nie. “Daar was ’n verrassing in my beursie vir hulle… dit was byna leeg behalwe vir my bankkaart, Sassa-kaart, ’n klaar-gebruikte geskenkbewyskaart, ’n paar sente en ’n potlood,” sê sy.
“Dit is nou meer ’n ongerief vir my om alles te vervang.”
Van Tonder vertel dat sy en nog ’n bejaarde meer skade gelei het na ’n slenter by dieselfde kettingwinkel ’n paar maande gelede.
“Ek en my vriendin was by die winkel toe ons in die strik getrap het en besteel is deur diewe wat voorgegee het dat hulle by die winkel werk,” vertel sy.
Volgens Van Tonder is sy en haar vriendin deur twee vroue genader wat hulle probeer oorreed het om te registreer vir ’n kaart wat hulle kan gebruik om ‘afslag’ te kry op sekere items in die winkel.
“’n Derde vrou het toe ook na ons gekom. Sy was aangetrek asof sy daar werk,” sê Van Tonder.
Die drie vroue het die twee bejaardes gevra om hul handsakke te los terwyl hul saam na die ‘kantoor’, waar die registrasies glo gedoen word, stap.
“My vriendin, Cecile het eerste saam met hulle gegaan. Sy was tot gesê om haar trouring af te haal en by haar ander goed te los,” verduidelik Van Tonder. “Ek het by ons handsakke en trollies gewag. Toe kom een van die vroue weer terug en sê my vriendin het my hulp nodig met iets.”
Van Tonder sê sy het te laat besef dat die situasie heeltemal te verdag is.
“Ek het halfpad saam met haar geloop toe ek besef dat daar iets fout is. Ek het teruggedraai en so vinnig as wat ek kon na die trollies gehaas, maar toe ek daar kom was alles reeds weg.”
Van Tonder vertel van haar stryd om die bestuurder van die winkel op te spoor en sê dat die sekuriteit onbehulpsaam was om die gesteelde handsakke of diewe op te spoor.
Die voorval wat in Julie plaasgevind het, is by die Pretoria-Noord-polisiestasie aangemeld.
“Dit is nie die enigste geval nie,” sê Van Tonder. “Hierdie mense teiken veral bejaardes wat hul inkopies kom doen.”
Rekord het die kettingwinkel vir kommentaar gekontak, maar het nog geen terugvoer ontvang nie. 


https://www.censorbugbear.org/farmitracker/reports/view/3914
ATTACK