(Jwplayer)

October 15, 2015

#ATTACK: in 2 Seperate Incidents: #Afrikaner women were brutally assaulted by same black bus driver because they paid with cash

Annette van Vuuren (55) praat oor die aanval op die bus. Foto: Ron Sibiya

Bejaardes op bus rondgepluk deur drywer


’n Bejaarde vroue is hardhandig rondgepluk deur ’n munisipale busbestuurder omdat hy nie kontant wou aanvaar nie.

Twee inwoners in die noorde van Pretoria het aan Rekord vertel hoe hulle deur dieselfde man op ’n bus aangeval is.

Dit kom te midde van spanning tussen die metro en sy busbestuurders oor hul weiering om kontant vir buskaartjies te aanvaar.

Die bestuurders voer dat kontant in hul besit hulle die teikens van diefstal maak.

Annette van Vuuren (55) het kneusplekke aan haar arms nadat sy Vrydag deur die man in die bus bygedam is.

“Wanneer ek na werk in die stad huis toe ry, is daar gewoonlik ’n busbestuurder wat geld aanvaar,” vertel sy.

“Ek het dié middag op die bus geklim wat na Pretoria-Noord loop en het net die regte kontantbedrag vir ’n enkele kaartjie by my gehad.”

Van Vuuren sê die busbestuurder het die geld geweier, maar dat sy aangedring het dat hy die kontant aanvaar omdat dit haar enigste vervoer-opsie was.

“Ek het toe net die geld neergesit en het my sitplek voor in die bus ingeneem.”

Van Vuuren vertel dat die bestuurder sonder ’n woord opgestaan het en met die geld in sy hand voor haar kom staan het.

“Hy het die geld in my handsak in gegooi, my sonder waarskuwing aan my arms gegryp en my opgeruk uit die sitplek.”

Van Vuuren sê die man het haar so hardhandig hanteer dat hy die horlosie aan haar pols afgebreek het.

“Hy het tot my bene gegryp en van die sitplek af grond toe getrek waar ek my rug teen die hoek van die sitplek beseer het.”

Van Vuuren het haar uit die bus gehaas toe sy die kans kry.

“Ek was so in skok ek het skoon my inkopiesak agtergelaat.”

Van Vuuren sê die ander passasiers het passief gebly. “Ek kan dit ook verstaan dat hulle bang is die man gooi hulle ook uit die bus uit.”

Die busbestuurder het haar daarvan beskuldig dat sy die moeilikheidmaker is.

Gerda Botha (59), ook woonagtig in die noorde van Pretoria, sê dieselfde busbestuurder het haar beseer nadat sy met kontant ’n kaartjie probeer koop het.

“Ek het aan die man gesê hy móét die geld vat. Todat daar ’n werkbare sisteem in plek is, mag hulle mos nog nie kontant weier nie… hoe anders moet ons dan by ons huise kom as ons nie buskaartjies het nie?”

Botha vertel dat die man gewelddadig begin raak het en haar met sy vuis teen haar bors teruggestoot het.

“Hy het my só gestoot,” verduidelik Botha met haar hand in die middel van haar bors.

“Hy het my hard gedruk en gestamp. As daar nie mense agter my gestaan het nie, het ek agteroor uit die bus geval.”

Botha en Van Vuuren was albei by ’n huisdokter na hulle onderskeidelike voorvalle en voel getraumatiseerd.

“Die geweld en vernedering was glad nie nodig nie. Hy het nie die reg gehad om só aan ’n vrou te raak en te stamp nie,” sê Van Vuuren.

Sy en Botha weet albei van nog ’n geval waar ’n derde vrou deurgeloop het omdat sy kontant wou betaal, vermoedelik onder dieselfde bestuurder.

Polisie woordvoerder kaptein Johannes Maheso sê albei vroue het klagtes van aanranding gelê wat deur die sentraal-polisiekantoor ondersoek word. http://rekordmoot.co.za/53655/bejaardes-op-bus-rondgepluk-deur-drywer/

ATTACK