(Jwplayer)

September 22, 2015

#FarmAttack: Update: Limpopo Afrikaner farmer arrested after 300 black workers committed arson, looting and robbery on his farm

Boer in tronk ná werkers hostel afbrand | Lees en skrik wakker mense

polisie-enca

Boer in tronk ná werkers hostel afbrand

’n Boer van Limpopo en 12 van sy bestuurders is in hegtenis geneem nadat werkers die hostelle op die plaas afgebrand het weens ’n loongeskil

’n Boer en 12 van sy bestuurders is op 16 September op sy plaas in Marken, naby Lephalale (Ellisras) in Limpopo in hegtenis geneem en moes ’n aand in die tronk deurbring. Dit het gevolg nadat nagenoeg 300 tydelike werkers weens ontevredenheid oor ’n loon-ooreenkoms, in opstand gekom het.
Volgens mnr. Drickus Botha, die TLU-verteenwoordiger in die noordelike streek, is die boer, mnr. P.J. van der Walt, tans besig om aartappels te oes en het daarom was die 300 tydelike werkers op sy plaas.
“Daar was ’n paar voordansers wat ontevrede was oor die loon-ooreenkoms wat op die Maandag bereik is en dit wil voorkom asof hulle die res van die werkers, wat nie almal oproerig was nie, geïntimideer het om saam te staak. Die ontevredenheid het toe hand uit geruk en van die hostelle op die plaas is aan die brand gesteek. Die brand het na die res van die plaas versprei en baie skade aangerig.
“Die werkers het dieselfde dag nog klagtes van onder meer diefstal, aanranding en ontvoering teen Van der Walt en sy bestuurders ingedien.”
Van der Walt en sy bestuurders is Donderdagaand, 17 September, in hegtenis geneem en het die Vrydagoggend in die landdroshof op Lephalale verskyn op aanklagte van aanrandinge en ontvoering. Hulle is almal op borgtog van R2 000 vrygelaat en verskyn weer op 28 September in die hof.
Volgens mnr. Danie du Plessis, die TLU se verteenwoordiger in die oostelike streek, is dit onaanvaarbaar dat boere, wat hul eiendom wil beskerm, deur die wet verhoed word. “Ek gaan op 30 September met Mpumalanga se polisiekommissaris in Nelspruit vergader oor gevalle waar werkers eiendom op plase beskadig. Dit is onaanvaarbaar dat boere wat eiendom wil beskerm deur die SAPD in hegtenis geneem word. Die gewysigde artikel 49 van die strafproses is veronderstel om vir boere beskerming te bied in die opsig, maar steeds word boere gearresteer. Daar is duidelik onvoldoende wetlike maatreëls om boere te beskerm,” het Du Plessis aangevoer.
Van der Walt wou nie nou kommentaar lewer oor die voorval nie. Botha het egter bevestig dat klagtes wel teen die werkers ingedien sal word wat op Van der Walt se plaas skade berokken het. Die ondersoek duur voort en geen van die werkers op die plaas is nog in hegtenis geneem nie.

http://landbou.com/nuus/boer-in-tronk-na-werkers-hostel-afbrand/

● #FarmAttack: 14 farmers illegally arrested after violent black workers riots broke out on farms in Marken
A very large potato farmer and 13 of his white farm managers were arrested after hundreds of his black workers committed arson, looting and robbery on some of his farms 

Police illegally arrested the farmer's of Marken in Limpopo after the violent black workers falsely accused the white farmers of assaulting them
Read more: http://stopwhitegenocideinsareports.blogspot.co.za/2015/09/farmattack-14-farmers-illegally.html

#FarmAttack