(Jwplayer)

September 22, 2015

#FarmAttack: South Africa has had 7 farm attacks over the weekend -TAU

TLU SA: 7 plaasaanvalle die naweek in SA
TLU SA: 7 plaasaanvalle die naweek in SA
Bloemfontein - TLU SA sê die Vredefort-aanval word ingesluit by altesaam sewe plaasaanvalle wat sedert Vrydag oor die land heen plaasgevind het.
TLU se Henry Geldenhuys sê 'n vrou is op die Motloti Lodge by Thabazimbi in Limpopo dood toe vier mans haar en haar man aangeval het. Nog mense is in vyf ander plaasaanvalle, in onderskeidelik Mpumalanga en Kwazulu Natal aangeval en beroof. 

Volgens hom moet boere nou hul eie veiligheidsstrukture in plek kry omdat die polisie se nasionale landelike veiligheidsplan nie in plek is nie.

Geldenhuys sê ‘n voorval by Chrissiesmeer in Mpumalanga waar ‘n boer wat toevallig nie die aand op sy plaas geslaap het nie, toe booswigte by sy plaashuis ingebreek het en vuurwapens gesteel het, word ook as ‘n plaasaanval beskou omdat die boere onder normale omstandighede by die huis sou wees.
http://www.ofm.co.za/article/Local-News/171366/TLU-SA-7-plaasaanvalle-die-naweek-in-SA

#FarmAttack