(Jwplayer)

September 13, 2015

#ATTACK: Terrifying moment, Free State Afrikaner woman, Marietha Kruger jumps out second story window to escape armed black home invaders




ʼn Vrou van Harrismith in die Vrystaat het Donderdag ʼn verdieping  ver  geval toe rowers by hul huis ingebreek en sy na veiligheid  gespring  het. Michael Kruger het aan Maroela Media vertel sy vrou, Marietha (31),  was  alleen  by die huis toe sy omstreeks 11:00 ʼn klop aan die deur gehoor het. Sy het van die boonste verdieping afgestap na die  voordeur,  toe die deur skielik  oopgestamp is en drie onbekende mans ingekom het.  379 11  390 totaal “Sy  het omgedraai en opgehardloop kamer toe, maar twee van hulle  het  haar agternagesit  en by die kamerdeur gevang,” het Michael gesê. “Hulle  het haar in die kamer ingestamp, in ʼn duvet toegedraai  en vir  haar gesê as sy nie stilbly nie, sal hulle  haar doodmaak.” Die twee rowers is weer af met die trappe en toe Marietha die houttrappe hoor kraak, het  sy opgespring en by die venster uitgespring. Sy het op ʼn sementblad te lande gekom en vermoedelik haar voete gebreek. “Sy  het om ʼn muurtjie langs die huis gekruip en daar weggekruip terwyl die rowers alles gesteel het  wat hulle wou. Hulle is daarna na die buurvrou se huis langsaan en het daar ook ingebreek en goed gesteel,”  het  Michael vertel.  Toe  die rowers uiteindelik  in  ʼn  silwer Chevrolet Spark gevlug het,  het  Marietha tot op die gras gekruip en om hulp begin skree. Sy het ure lank om hulp geroep voordat ʼn buurvrou haar teen 16:00 uiteindelik gehoor het en kom help het.

“Toe ek die oproep kry van wat gebeur het, was ek in Durban,” het Michael gesê. “Weet jy hoe voel dit  om so oproep te kry terwyl jy so ver is? Dis asof jou bloed stol. Ek het so vinnig teruggery as wat ek kon, maar het eers laat gisteraand [Donderdagaand] hier by haar aangekom.” Volgens Michael het dokters Marietha se bene en voete tydelik verbind en sal X-strale Vrydag geneem word om te bepaal wat presies gebreek is. “Sy het verskriklike pyn en sy kan glad nie loop nie,”  het  hy  gesê.  “My seun sal van nou af saam met my vrou bedags by die huis wees om seker te maak sy is nie alleen as so iets ooit weer moet gebeur nie.”
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/vrou-spring-ver-om-van-rowers-te-vlug/

#ATTACK