(Jwplayer)

September 15, 2015

#ATTACK: Elderly ex- soldiers attacked in bed by black attackers armed with two pistols, assault rifle & R4 / R5 in a nature reserve in Pretoria




PRETORIA – Desmond Schmidt (50), oudlid van 31 Bataljon, het sy eie lewe gered deur te doen presies wat die gewapende rowers hom beveel het.
Sersant Desmond Schmidt is Saterdagoggend deur rowers van persoonlike besittings ter waarde van R35 000 by die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria, Sentraal-Transvaal beroof. Desmond, van Bethlehem in die Vrystaat en sowat 60 lede van die bataljon het die naweek by die reservaat se seiljagklub gekuier as deel van hul jaarlikse byeenkoms. Die voorval het omstreeks 03:00 plaasgevind toe hy van ’n flitslig in sy gesig wakker geskrik het.
Die rowers het hom beveel om op sy maag draai en stil te lê. Hulle het toe sy voete met ’n selfoonlaaier se kabel vasgebind en gevra waar sy skootrekenaar is. Die rowers is met onder meer sy selfoon, iPad, trouring, leergordels, ’n batterypak, hardeskyf en drafskoene vort. Sy beursie was gelukkig in sy motor toegesluit.
Adjudant offisier Piet Frankenberg (66), nog ’n lid van 31 Bataljon, het onderin dieselfde chalet geslaap. Sy beursie, selfoon, TV wat hy van die huis saam gebring het om die aand rugby te kyk, en sy oorlede pa se Rolex-horlosie wat in die kombuis gelê het, is ook gesteel.
Volgens adjudant offisier Dave Miller, polisiewoordvoerder, het drie gewapende mans eers werkers in die werkerskwartiere beroof voordat hulle by die chalet ingekom het. Die rowers was met twee pistole en vermoedelik ’n aanvalsgeweer, ’n R4 of R5, gewapen. Niemand is nog gearresteer nie http://www.netwerk24.com/nuus/misdaad/2015-09-15-oudsoldate-beroof-in-pta-reservaat

#ATTACK