(Jwplayer)

September 14, 2015

2 possible farm attacks prevented at Zastron by #farmers + SA Police Service



farm_fence_country_road_120317_IMG_6537

Update: TWEE PLAASAANVALLE IN VS VOORKOM

Samewerking tussen landbouers van Zastron en die SAPD het Sondag twee plaasaanvalle gekeer.
Die Vrystaat Landbou (VL) en VKB Veiligheidslessenaar is in kennis gestel dat ’n landbouer van die omgewing Sondagoggend vier swart mans wat verdag gelyk het na sy huis, op grond wat uitgehuur word, sien loop het.
Hy het alarm gemaak, en die plaaslike veiligheidsnetwerk is geaktiveer. Binne ’n halfuur is drie van die mans aangekeer.
Die vierde verdagte, wat twee wapens by hom gehad het, is later aangekeer. Landbouers en die
polisie het die gebied waarna die man gevlug het, afgekordon en die area stelselmatig kleiner gemaak.  ‘n GyroCopter van ‘n boer van die omgewing is gebruik om oor die area te vlieg en die verdagte is gevind.
‘n Vyfde verdagte, wat glo die wapens onwettig aan die verdagtes verkoop het, is later die dag in die informele nedersetting op die dorp aangekeer.  Een van die wapens is vroeër die jaar as gesteel aangemeld na ’n inbraak op ‘n plaas in die omgewing.
Die verdagtes het aan die Polisie bekend gemaak dat ’n tweede plaasaanval glo in die omgewing
beplan sou gewees het vir Sondagaand.
Die Polisie en landbouers het hulle onderskeie taakspanne op gereedheid grondslag gehou gisteraand, maar geen voorval het egter voorgekom nie.


Tommie Esterhuyse, voorsitter van VL se Wet en Orde Komitee


“Ek wil graag die landbouers en die SAPD van Zastron opreg bedank vir hulle flinke optrede en goeie
samewerking wat moontlik ernstige misdade en lewensverliese voorkom het,” sê Tommie
Esterhuyse, voorsitter van VL se Wet en Orde Komitee.
“Hierdie voorval is ’n voorbeeld van wat bereik kan word deur middel van paraatheid en goeie samewerking om landelike veiligheid te bevorder. Die vinnige reaksie en paraatheid dui ook op landbouers se grootskaalse frustrasie ten opsigte van ernstige geweldsmisdade en ander misdade op plase.”
Esterhuyse het ook vir Kol. Johan Gelderblom en sy span bedank vir hulle ondersteuning
en harde werk.
“Hulle was deurentyd in verbinding, en Gelderblom het ook die lugvleuel op bystand
gehad sou dit nodig wees om hulle hulp in te roep om die verdagtes vas te trek.”
Esterhuyse wil landbouers ook aanmoedig om binne die wetlike raamwerk asook binne die landelike
beveiligingsplan die SAPD by te staan sover moontlik.
http://100punt6.co.za/twee-plaasaanvalle-in-vs-voorkom/





https://twitter.com/vslandbou/status/643371356105654272


#FarmAttack