Julius Malema told his supporters over the weekend if his political party will come
to power, ALL WHITE OWNED PROPERTY WILL BE CONFISCATED
#StopWhiteGenocideInSA
Malema sê hy gaan ‘alle blanke besittings vat’ sodra hy aan bewind kom
Die Afro-marxistiese leier Julius Malema het oor die naweek sy ondersteuners vertel dat sy EFF-party alle wit eiendom sal konfiskeer sodra dit aan bewind kom. Hy het gepraat by ‘n byeenkoms ter herinnering aan die ANC-SAKP-terroris Solomon Mahlangu wat vir die dood van verskeie blanke burgerlikes verantwoordelik was, en wat deur die vorige Afrikanerregering ter dood veroordeel en tereggestel is. Die byeenkoms het by die Universiteit van Pretoria se Mamelodi-kampus, wat in die lokasie met dieselfde naam geleë is, plaasgevind.
Terwyl sommige waarnemers spekuleer dat Malema deel van ‘n toekomstige ekstreemlinkse regering in Suid-Afrika mag wees soos wat die mediaveldtog teen Jacob Zuma sy tol eis, het die “opperbevelvoerder” van die Ekonomiese Vryheidsvegters die land se blankes gewaarsku dat hulle geen rede het om die oënskynlike ongewildheid van die ANC en Suid-Afrikaanse Kommunisteparty te vier nie.
“Die blanke minderheid klap hande terwyl die EFF Zuma kritiseer en dink dat ons vergeet het dat swartmense die grond terug wil hê. Maar ons het nie. Julle is volgende.”
Floyd Shivambu, die adjunkpresident van die EFF, het voorspel dat die radikale Malema aan bewind sou kom en “die volgende president van Suid-Afrika gaan wees”.
Malema het voor ‘n volgepakte saal van sy swart ondersteuners gepraat, met baie wat op die vloer gesit het omdat daar nie genoeg sitplekke was nie. Onder luide applous het hy gesê:
“Ons het Nkandla gekeer en die Guptas is weg. Nou gaan ons ons land terugvat. Al die mooi geboue in dié land is deur swartes sonder betaling gebou. Dit behoort ook aan ons. Ons gaan die land met alles daarin terugvat, of die wittes nou daarvan hou of nie.”
‘Ons kan nie met blankes vriende wees nie’
Malema het die witman as “die vyand” beskryf. “Dit is die witman wat Solomon Mahlangu doodgemaak het en hoewel ons op versoening moet fokus, kan ons nie met blankes vriende wees nie. Ons moet die swart ras bevry. Geen blanke het hierheen gekom saam met grond nie.”Malema het beklemtoon dat die terroris Solomon Mahlangu bowenal ‘n swart nasionalis was wat namens die swart ras teen die wit ras geveg het. Die familie van Mahlangu het gepoog om Malema te verhoed om Mahlangu se naam by sy vergadering te gebruik, maar het daarin misluk.
Volgens Malema is Mahlangu, toe hy die blanke burgerlikes gedood het, “geinspireer deur die pogings van Tsietsie Mashinini. Wie is Tsietsie Mashinini? Hy was ‘n lid van Swart Bewussyn en daarom was Mahlangu Swart Bewussyn.
“Solomon Mahlangu is deur Swart Bewussyn geïnspireer wat ‘n leidende beweging was, aangesien al die leiers in ballingskap of ondergronds was. Ons mense het na Steve Biko opgesien. Solomon Mahlangu het van Swart Bewussyn geweet voor hy die ANC geken het. Hy het slegs die ANC leer ken toe hy landuit is.”
Hy het ook gesê dat Zuma nie die werklike vyand is nie.
“Moenie dink dat Zuma ons vyand is nie. Zuma is nie ons vyand nie, hy staan net in ons pad, en ons moet van hom ontslae raak om ons grond terug te kry, ” het Malema gesê.
“Zuma staan tussen ons en ons vyand. Gee pad. Zuma moet padgee want dis hulle [die blankes] wat ons grond gesteel het.”
Malema wil hê dat Mahlangu se teregstelling gewreek moet word deur almal wat by sy hofsaak in die laat sewentigerjare betrokke was, in die hande te kry.
“Waarom moet ons om verskoning vra dat ons slawe is? Hulle sê ons moet met hulle versoen. Ons wil sien wie het mense by die galg gehang. Ons wil hul gesigte sien. Ons kan nie met mense versoen wat ons nie ken nie.
“Waar is die aanklaers at vir die doodstraf gevra het? Waar is die regters wat ons broers ter dood veroordeel het? Hulle moet hiernatoe kom, ons wil hulle spreek.
“Versoening moet nooit geregtigheid vervang nie. Geregtigheid is die teruggawe van die grond. Ons moet vir ons grond veg,” het hy gesê.
http://praag.co.za/?p=37766
#StopWhiteGenocideInSA