Verdagtes in Mullersaak pleit onskuldig
Die drie verdagtes wat Nico (68) en Annetjie (66) Muller op hulle plaas Klippunt ongeveer 20 km buite Mookgophong op 10 Januarie oorval het, het verlede Donderdag in die Mokopane Streekhof onskuldig op al vier klagtes gepleit
Die drie verdagtes wat Nico (68) en Annetjie (66) Muller op hulle plaas Klippunt ongeveer 20 km buite Mookgophong op 10 Januarie oorval het, het verlede Donderdag in die Mokopane Streekhof onskuldig op al vier klagtes gepleit.
MOKOPANE – In Bosveld se berig Verdagtes vasgetrek na erge plaasaanval, op 15 Januarie, word vertel dat Muller om 07:00 die kalf gaan melk gee het toe drie booswigte hom in die huis in gevolg het en hom ‘n klap oor sy neus gegee het, waarna hulle hom vasgebind het.
Hulle het sy vrou Annetjie in die gesig geslaan, in die rug geskop en haar ook vasgebind.
Binne ‘n uur het die verdagtes die huis geplunder.
Danksy die flink reaksie van die boere, HPG Spoorsnyers en die plaaslike polisie, is die verdagtes om 12:00 dieselfde dag vasgetrek.
Die mans wat vasgetrek is, Kululeko Freedom Shongwe (38), Albert Matwasa (47) en Mooiman Jabulani Mahlanu (32) het op 13 Januarie voor die Mookgophong Landdroshof verskyn waar die saak na die Mokopane Streekhof uitgestel is.
Die verdagtes staar vier klagtes van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, onwettige besit van wapens en ammunisie in die gesig. Hulle word ook aangekla van poging to moord aangesien hulle die mense wat hulle in hegtenis wou neem, geskiet het.
Een van die verdagtes, Kululeko Freedom Shongwe (38) se prokureur het ‘n beëdigde verklaring aan Magistraat Gerhard Pretorius oorhanding, wat lees: “I did not know they had the intention of robbing the victims. I was only told that we are picking up some of accused two’s belongings. I had to comply with the orders of accused two and three as I was scared if I did not comply I might have been shot.”
Albert Matwasa (47) en Mooiman Jabulani Mahlanu (32) het ook onskuldig gepleit op al vier aanklagtes, maar hulle het die reg tot stilswye hulself toegeien.
Die verhoor vind plaas op 8 en 9 Junie.
http://reviewonline.co.za/142693/verdagtes-in-mullersaak-pleit-onskuldig/
ALSO READ:
#StopWhiteGenocideInSA