GENOCIDE VICTIM: André van der Berg
#StopWhiteGenocideInSA
Mes-slagoffer sukkel steeds
André van der Berg sê hy kan nou nog die geluid wat sy long gemaak het onthou na hy met ’n mes oopgekloof was
‘n Man van die Moot sukkel steeds om te herstel van ‘n wrede mesaanval wat amper sy lewe in Februarie gekos het.
André van der Berg vertel Woensdag dat hy steeds die suigende klank van sy long kan onthou nadat sy bors oopgekloof is in die aanval.
“My long was sigbaar. Ek kon dit sien… dit hoor. Alles onthou ek nog so helder.”
Na twee maande moet hy steeds terapie ondergaan om te leer om sy linkerhand te gebruik nadat dié byna deur sy aanvaller afgekap is.
Van der Berg is in Februarie by sy woning in Riviera aangeval toe twee indringers toegang tot sy woonplek gekry het.
“Ek het nog só gelê op my bank en TV kyk toe sien ek een van hulle reg langs my staan,” onthou hy.
Van der Berg sê die man was gewapen met ’n kapmes of panga en het onverwyld tot die aanval oorgegaan.
“Ek het die hou met die mes — wat vir my kop gemik was — met my linkerhand geblok.”
Van der Berg het probeer terugbaklei toe hy weer met die mes gesteek is.
“Hy het die mes só in my bors gedruk en die vleis oopgeskeur. Die mes het my long met ’n millimeter gemis.”
Van der Berg sê sy vriend en vennoot Andry Louw, wat langs hom bly, het eerste op die toneel afgekom nadat die aanvallers gevlug het.
“Daar was net bloedspatsels teen die muur agter die rusbank,” het Louw die toneel vroeër aan Rekord beskryf.
“Nadat die polisie hier was die aand het ek niks weer van hulle gehoor nie,” sê Van der Berg.
“As ek maar net ’n kans gehad het om myself behoorlik te kon verdedig teen die mans sou dit dalk ’n ander storie wees, maar alles het so vinnig gebeur.”
http://rekordmoot.co.za/70673/mes-slagoffer-sukkel-steeds/