Van Niekerk's body was found on Monday afternoon in a pool of blood at a house on the corner of 8th Avenue and Ben Swart Street in Gezina. The police also found a bloodstained knife at the scene
#StopWhiteGenocideInSA
ʼn Man is in hegtenis geneem net ure na die gru-moord op Elsabe van Niekerk. Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die 30-jarige verdagte is omstreeks 16:30 in Rietondale in hegtenis geneem, nadat die polisie inligting opgevolg het. Die verdagte is in aanhouding by die Wonderboom-polisiestasie en sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord. Maroela Media het vroeër berig Van Niekerk se liggaam is Maandagmiddag in ʼn plas bloed by ʼn huis op die hoek van 8ste Laan en Ben Swartstraat in Gezina gevind. Die polisie is na die toneel ontbied, nadat die bure glo gehoor het hoe die vrou met iemand rusie maak. “Die polisie het ʼn bebloede mes op die toneel gevind en vermoed dit is die moordwapen.” Moloto het aan Maroela Media gesê die motief vir die moord is nog nie duidelik nie en word ondersoek. “Dit is ook nie duidelik of daar ʼn verwantskap tussen die oorledene en verdagte was nie.” Van Niekerk laat haar man, twee kinders en twee kleinkinders agter.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/moot-moord-verdagte-vas/
ALSO READ: