The man's body was found in the kitchen with 18 knife wounds. His wife's body was found outside at a drain. It appears that she may have been strangled, but it is not yet known what the true cause of her death is
#StopWhiteGenocideInSA
Drie vas na moord op bejaarde egpaar van Nigel
Die liggame van 'n bejaarde egpaar is in die vroeëe oggendure by hul huis in Leedsstraat gevind.
Volgens polisiewoordvoerder A/O Madeleine von Wielligh is dit nog nie duidelik wanneer die moord plaasgevind het nie en kon enige tyd vanaf Vrydag tot ongeveer 22:40 Saterdagaand gebeur het.
Die man se liggaam is in die kombuis met 18 meswonde gevind. Sy vrou se liggaam is buite in ‘n afvoerpyp gevind. Dit blyk of sy moontlik verwurg is, maar dit is nog nie bekend wat die ware oorsaak van haar dood is nie.
Die ontdekking van die egpaar se liggame volg nadat ‘n informant Konst Tshabalala van Duduza SAPD van die moord verwittig het. By ondersoek het Konst Tshabalala ‘n verdagte vasgetrek wat in besit was van die vermoorde egpaar se motor en items wat vermoedelik in die egpaar se huis gesteel is.
Konst Tshabalala het Nigel SAPD gekontak, waarna die gru-ontdekking by die huis in Leedsstraat gemaak is.
Nadat die polisie ‘n taakspan uitgestuur het, is nog twee verdagtes aangekeer. Volgens inligting is daar nog een verdagte op vlug.
Die hoofverdagte is glo ‘n tuinier wat vir die egpaar gewerk het. Geen geforseerde toegang is tot die woning verkry nie.
Volgens die polisie duur die ondersoek voort, maar die drie verdagtes verskyn op 22 Maart in Nigel Landdroshof.
http://heidelbergnigelheraut.co.za/12503/drie-vas-na-moord-op-bejaarde-egpaar-van-nigel/#.Vu49lyzQnfk.facebook
#StopWhiteGenocideInSA