Nog ’n leerling in groenstrook beroof
’n Jong seun is byna aangerand en beroof terwyl hy oppad huistoe was
Dié 17-jarige seun se oupa moet hom nou skool toe neem en gaan haal nadat die seun al twee keer beroof is terwyl hy op pad huis toe was en deur ’n groenstrook gestap het.
Nóg ’n leerling van een van die plaaslike hoërskole is verlede week in die groenstrook agter Higveldpark High School beroof.
Die 17-jarige seun het soos altyd deur die groenstrook naby sy skool huistoe gestap.
Hy het eers na skool gaan oefen en het sy rugsak en tas by hom gehad.
In sy rugsak was sy nuwe skoolklere, Bronx-skoolskoene en sy gordel wat hy aan die begin van die jaar gekry het.
Voordat hy oor die groenstrook begin loop het, het hy eers musiek op sy selfoon gesoek.
“Ek het twee mans gesien wat op die bruggie in die veld gesit het.
“Gewoonlik sit die sekuriteit daar, maar Woensdag was daar niemand nie.
“Voordat ek my foon in my sak gesit het, het ek gesien hulle kyk vir my en toe ek vir hulle kyk, het beide hul kappies van hul baadjies opgesit.
“Ek het besluit om nie oor die bruggie te loop nie, maar om ompad te loop.
“Ek het omgekyk en gesien dat hulle opgestaan, maar dit het gelyk of hulle na die anderkant toe gaan loop.
“Ek het weer omgekyk en gesien dat hulle my agtervolg en baie vinnig loop,” het die seun vertel.
Hy het sy skooltas neergegooi en begin hardloop.
Toe die seun oor ’n groot stomp moes spring, het die mans hom aan sy arm beetgekry.
“Ek het hom probeer wegstamp, maar een van hul messe het my hand gesny.
“Een van die mans het heeltyd op my geskree.
“Hy het die mes teen my gesig gehou en ek het my selfoon vir hom gegee.”
Hy moedig kinders aan om glad nie deur die groenstroke te stap nie omdat hy ook al in ’n groep beroof is.
Ouers en kinders moet daarop ingestel wees dat groenstroke nie meer veilig is nie.
http://ridgetimes.co.za/56002/nog-n-leerling-in-groenstrook-beroof/
#StopWhiteGenocideInSA