Paul en Nicolaas Els
Victims of racist race based laws,
119 ANC RACIST RACE BASED LAWS BARRING WHITES FROM THE ENTIRE JOB-MARKET IN SOUTH AFRICA
#StopWhiteGenocideInSA
Rusplek langs die pad, ’n stryd om oorlewing
Twee broers op straat praat oor mesaanval en hul daaglikse stryd om oorlewing
Dit is elke aand ’n kommer – op watter sypaadjie gaan hulle vanaand hul koppe neerlê.
Wanneer die twee broers, Nicolaas (55) en Paul Els (59), gelukkig is vind hulle soms plek onder ’n stukkie afdak by ’n winkelsentrum of een van die motorhandelaars in Gezina.
Die son se skade is duidelik op die broers se velle wat soos dun leer aan hul lywe kleef. Hul gesigte het lank vergeet hoe om te lag en ouderdom het duidelik sy tol geëis.
“Ons mag nie eintlik hier wees nie,” sê Paul en sy oë flits senuagtig na die kantoor van die motorhandelaar waar hul tans sit. Paul skuif met moeite na ’n koeltekol en hy kners op sy tande wanneer ‘n spier aan sy linker sy trek. Dit is duidelik dat hy in pyn is.
Die hawelose man se hemp makeer ’n paar knope en ’n lang sny, toegekram met ’n ry blink steke, is sigbaar op sy maag.
Nicolaas begin eerste praat en vertel oor die voorval verlede week waarin hy byna sy ouboet verloor het.
“Ons is die Vrydag Pretoria-Noord toe. Ons het teruggestap na Gezina en was net daar onder die brug in Onderstepoort toe ons aangeval is,” sê hy.
Die broers, met die bietjie besittings wat hulle saamdra, is deur twee onbekende swart aanvallers genader.
“Ek neem aan hulle was ook haweloos,” sê Nicolaas.
Die verdagte mans het sonder waarskuwing die ouer broer oorval. Paul onthou hoe een van die mans hom van agter af gegryp het en die punt van ’n mes sy lyf deurboor.
“Hulle het ons sakke met ons klere gegryp en ’n kombers, en toe die pad gevat,” vertel Nicolaas.
Met net die klere aan hul lywe is die broers daar gelaat. Paul het bloeiend langs die pad neergesak en Nicolaas het desperaat hulp vir sy broer gesoek.
“Gelukkig na ’n ruk het ’n metrovoertuig verbygekom en gestop,” sê Nicolaas.
“Hulle het die ambulans gebel en Paul is Steve Biko-hospitaal toe geneem.”
Die meswond was diep genoeg om Paul se nier te beskadig. By die hospitaal is hy onmiddellik in die teater opgeneem.
“Hulle moes my milt verwyder en my nier weer toewerk,” vertel Paul met nog ’n pynlike trek op sy gesig.
Hy lig dan sy hemp op en wys die krammetjies waarmee sy maag geheg is, wat soos ’n treinspoor van sy bors tot onder sy naeltjie loop.
“Die dokters het my heeltemal oopgesny,” vertel hy en wys dan die kleiner meswond wat netjies toegewerk is.
’n Paar dae na die operasie is Paul weer terug op straat saam met sy broer.
Die aanval was ’n terugslag wat albei geraak het. Paul kan nie ver loop nie en is afhanklik van sy jonger broer.
“Gelukkig is Paul darem oud genoeg volgende jaar om sy ‘oumens-pensioen’ te ontvang,” sê Nicolaas.
Dit is die enigste ligpunt waarna hulle uitsien.
Elke dag is ’n stryd om oorlewing. Daar is geen versekering vir die broers dat hul môre sal kos hê nie.
“Ons is gesê om Vrydag hier pad te gee,” sê Paul en kyk weer om na die kantoor. Daar is talle ander motorhandelaars in Ben Swartstraat waar ander hawelose mense ook snags lê-plek soek.
Soggens as die ondernemings begin sake doen, moet die haweloses padgee en begin hul taak vir die dag om kos te soek of te bedel.
Na Paul se onlangse besering, kruip die broers by ’n motorhandelaar weg. Wanneer hulle deur kliënte of werknemers opgemerk word, word hulle weggejaag.
Die broers sê hulle moet ook saans versigtig hul skuilplekke kies.
“Soms vat ander huislose mense ons slaapplek en moet ons maar iewers anders vir plek gaan soek,” vertel Paul en Nicolaas.
“Een keer het ons langs die bank gaan lê en is 02:00 die oggend wakker gemaak en met bierbottels gegooi,” sê Paul.
Hierdié lewe langs die straat, vertel die broers, was nooit ’n keuse nie.
Vroeër jare het hulle by hul moeder gebly.
Armoede was deel van hul kinderjare. In ’n huis met 12 kinders, het die broers geleer om met min tevrede te wees.
Van die broers en susters kon ondanks hul omstandighede werk kry. Die twee broers, sonder kwalifikasies, is werkloos gelaat.
“Na ons ma se dood, het ons oudste broer die klein munisipale huisie verkoop en die geld onder ons kinders verdeel,” sê Nicolaas.
Die broers het kontak verloor met meeste van hul broers en susters, maar bly steeds geheg aan dié wat hul nog af en toe sien.
Sowat vyf jaar gelede, met verslegtende omstandighede, het die broers iemand ontmoet wat hul lewens baie verander het.
Ilona Fortein, ’n 58-jarige engel sonder vlerke, het die Els broers in 2011 leer ken. Sy is tans ’n inwoner in Gezina en haar huurhuis is skaars ’n blok van die straat af waar die broers en ander hawelose mense bly.
Fortein is een van die min mense in die gemeenskap wat haar hand uitgereik het na minderbevooregte mense in haar omgewing.
Die voormalige onderwyseres is bekend onder veral kinders wat by haar woning aanklop, waar sy hulle Woensdae en Donderdae kos gee.
“Ek sal graag elke dag vir die mense wil kos gee en vir hulle ook veilige slaapplek bied,” sê Fortein wat daagliks die swaarkry in haar gemeenskap waarneem.
“Omdat ek huur, kan ek nie sommer mense inneem nie,” vertel Fortein wat elke dag die Els-broers besoek.
“Ek is geseënd om ’n dogter te hê wat vir my sorg en dan hou ek tydens eksamentyd by die universiteit toesig vir daardie klein bietjie ekstra waarmee ek vir hulle (minderbevoorregtes) kan kos koop.”
Fortein dra water en kos aan en sien tans na 35 mense in haar omgewing om.
Na die aanval op die Els-broers is Fortein veral besorg oor Paul, vir wie sy daagliks water neem.
Met Fortein en ander engele in die gemeenskap, maak die kleinste bydraes en omgee vir mense soos Paul en Nicolaas die wêreld se verskil.
Die Els-broers bedank hul engel wat hul stryd om oorlewing in ’n wêreld sonder genade, soveel meer draaglik maak.
http://rekordmoot.co.za/62574/rusplek-langs-die-pad-n-stryd-om-oorlewing/
ALSO READ:
96 percent of all the so-named 'White" South Africans are barred from the job-market in South Africa under the ANC's more than 115 anti-white racelaws. Afrikaner children, children, pensioners and adults suffer from this deliberate policy of barring their wage-earners from jobs, and many of these families hide themselves away in tiny squatter camps in South Africa. They have no right to work, no rights to earning an income and no rights to get food-aid from charities: we are in desperate need of donations for food, vegetables, clothing, baby clothes, medicine, blankets and tents. The ANC government does not help: in fact the ANC-regime has also made laws which prohibit private and public charities and donor-charities from helping whites If they do, the ANC will cancel their non-profit registration with the government. More than 15-million black poor people get help from the government and from private charities in South Africa. But only very few charities dare to donate to help these Afrikaner squatters because of their fear of this law. Foreign charities and private donors are free to chose where they can send their money and their aid in South Africa This is a very desperate situation please help. We need assistance
●Racist Hatecrime By SA Government: Afrikaner poverty timeline: the genocide of an entire nation with more than ▶ 100 PLUS laws◀ barring whites from surviving in SA
http://www.censorbugbear.org/farmitracker/reports/view/969#jcgKRgBZ8oZQ2LC3.99● GENOCIDE & RACIST LAWS TO BAR ALL SKILLED 'WHITE'
stopwhitegenocideinsa.blogspot.com › ge...
Aug 4, 2015 - Racist Hatecrime By SA Government: Afrikaner poverty timeline: the genocide of an entire nation ... BBC discovers White Genocide in South Africa http://www.censorbugbear.org/africa/ ...
● Afrikaner Poverty Timeline 1994 - 2013 | Censorbugbear reports...
censorbugbear-reports.blogspot.com › af...
May 10, 2013 - Afrikaner Poverty Timeline 1994 - 2013. May 9 2013: South Africa's 3,4million Afrikaners have fallen ...
● Letter to Amnesty International censorbugbear 8813 - SlideShare
www.slideshare.net › mobile › letter-to-a...
Jan 9, 2013 - The loss is due to diluted ownership.Code 300: Measurement of theEmployment Element of ...
● All whites now excluded from the South African job market | CBB
www.censorbugbear.org › south-africa
Apr 1, 2013 -CENSORBUGBEAR.org ... Employment equity is a key element of the B-BBEE ... White women loseout – Dec 20 2011 ... Thereby Russia has greatneed to rid itself of out-of-date ...
● Raportet | FARMITRACKER - CENSORBUGBEAR.org
www.censorbugbear.org › reports
Will you be fine or fined? Hiring w
#StopWhiteGenocideInSA