#StopWhiteGenocideInSA
Twee liggame in Hennopsrivier gevind
WAARSKUWING: Die foto kan sensitiewe kykers ontstel. Die liggame van ʼn wit man en vrou is Sondagoggend in die Hennopsrivier in Centurion gevind. “Die liggame het in die water gedryf,” het kapt. Augustinah Selepe, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig. “Die twee persone het kopbeserings opgedoen en albei het tekens dat hulle gewurg is.” Volgens Selepe is dit in hierdie stadium nog nie duidelik of die liggame daar gestort is of in die rivier uitgespoel het nie. “Die identiteit van die twee persone is nog nie vasgestel nie,” het sy bygevoeg. “Die polisie se ondersoek duur voort.” Die twee persone se liggame dryf in die Hennopsrivier (Foto aan Maroela Media verskaf deur ‘n anonieme bron)
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/twee-liggame-in-hennopsrivier-gevind/#StopWhiteGenocideInSA