MURDERED BY BLACK TERRORISTS: Piet de Kock
Nylstroom-plaasvoorman doodgeskiet: ‘Hy het geleef vir sy kinders’
Piet de Kock, die 40-jarige voorman wat Vrydag op ʼn plaas buite Nylstroom (Modimolle) doodgeskiet is, het geleef vir sy twee jong seuns.
Dennis Mossop, De Kock se swaer, het aan Maroela Media gesê Piet was ʼn “regte boerseun” wat lief was vir die natuur. “Hy was ook ontsettend lief vir sy twee kinders. Ná sy egskeiding was hulle alles vir hom.” Mossop het gesê Pietie (8) en Sias (5) besef nog nie heeltemal dat hulle pa dood is nie. “Dit is ontsettend moeilik om sulke goed vir sulke klein kinders te sê.” Pietie en Sias het omtrent van die begin van die jaar af by Mossop en De Kock se suster, Hantie, in Thabazimbi gewoon. “Piet het baie lang ure gewerk en wou nie sy kinders daardie onreg aandoen nie. Hulle het baie naweke by hom gekuier.” Die seuns sal intussen in die sorg van Dennis en Hantie bly.
Volgens Mossop het iemand De Kock Vrydag gebel en gesê daar is mense wat besig is om ʼn leë huis op die plaas Doornfontein, sowat 20 km buite Nylstroom, te stroop. “Piet is soontoe en het een van die ouens aangekeer. Hy bel toe vir Jaco [Kriel – eienaar van die plaas] en terwyl hy nog met Jaco gesels het, het die skote geklap.” Mossop het gesê De Kock is net bo sy oor geskiet.
“Veiligheid op plase is ʼn groot kwessie oor die hele land. Piet was nie die eerste nie en hy sal ook nie die laaste een wees nie.
Mense voel so half magteloos en half die do***r in. Maar dit is iets wat gebeur het en wat kan ’n mens daaraan doen. As die skuldiges vasgetrek word, gaan hulle seker met R2 500 beboet word en dan weer op vrye voet wees,” het Mossop gesê.
ʼn Roudiens word Vrydagoggend vir De Kock gehou by die Nederduits Hervormde kerk in Thabazimbi. De Kock laat sy twee seuns, ʼn broer en suster en sy ouers agter. De Kock sou op 20 Desember 41 jaar oud geword het.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/nylstroom-plaasvoorman-doodgeskiet-hy-het-geleef-vir-sy-kinders/
ALSO READ:
■ #FarmMurder: Update: White farmworker gunned down by black attackers in Limpopo
■ Numbers of farm attack victims in South Africa may be higher than we know
■ ANC Communist GOVERNMENT trying to disarm legal gun owners in South Africa! DON'T LET IT HAPPEN
#StopWhiteGenocideInSA