SCATTERED LAMBS JUST STOOD THERE, CONFUSED...
DIE OOIE SE LAMMERS HET VERWARD DAAR RONDGESTAAN...
Stoetooie langs pad geslag"Ons is boere. Ons is lief vir die grond. En vir ons diere. Dit is hartverskeurend
Dít was die emosionele reaksie van Luttig van Huysteen van die plaas Spioenkop in die Chrissiemeer-om
“Hier het hulle op die bloederige gemors afgekom waar die vermeende skaapdiewe die ooie se kele afgesny en hulle toe geslag het. Die ooie se lammers het verward daar rondgestaan," het Van Huysteen gesê.
Sy werkers het ’n verdagte man langs die pad sien staan, maar voordat hulle hom kon aankeer, het ’n rooi Honda Ballade die man opgelaai en weggejaag. Hulle het die registrasienomm
Ná 'n soektog het die werkers op die vier karkasse afgekom waar hulle langs die pad in sakke gelê het, gereed om opgelaai te word. Verskeie pogings om die polisie van Chrissiesmeer en Carolina in die hande te kry, was glo vrugteloos.
'n Polisiekaptein wat van die Oshoek-grenspos
Nie eens die tientalle oproepe wat hý na kollegas by die polisiekantore gemaak het, kon glo die polisie oortuig om na die toneel uit te kom nie.
Van Huysteen het self die veediefstaleenh
Die inligting is aan die polisie oorhandig. Agt uur nadat die misdaad ontdek is, het 'n polisiekonstabe
"In sy onkunde het hy (die polisielid) ’n perfekte misdaadtoneel opgef*k. Daar was die karkasse (wat vir DNS-ontleding geneem moes word), die afgeslagte velle (met hul volledige brandmerke op) en 'n bebloede slagtersmes met duidelike vingerafdrukke op (waarmee die verdagte maklik geïdentifiseer sou kon word)."
Volgens Van Huysteen het die konstabel die mes met die hand opgetel en in 'n swartsak gegooi en voor in sy bakkie gesit.
Hy het aan Van Huysteen gesê om die karkasse en die velle op die laai en huis toe te vat. "Ek het die vleis en velle nou in 'n vrieskas by die huis indien die polisie dit eendag wil hê as bewysstukke.
"Die mense in die stede weet nie onder watter ondraaglike en moeilike omstandighede ons moet boer nie. Vee- en ander diefstal ruk handuit en die polisie kan, of wil, ons nie bystaan nie.
“Ek het die afgelope jaar reeds 150 skape, ter waarde van R150 000, verloor weens diefstal."
Sy diesel- en trekkerbatterye
"In net een geval het die saak in die hof gedraai." Dit was toe 'n rasegte springperd ter waarde van R350 000 gesteel is waarmee sy kind aan die Suid-Afrikaanse
Die perd is gevind maar die hof het die saak uitgegooi weens swak ondersoekwerk deur die polisie.
Die polisie van Chrissiesmeer en Carolina het teen druktyd nie op navrae gereageer nie.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/Stoetooie-langs-pad-geslag-20151109
#StopWhiteGenocideInSA