Sicelo Kwayimani en Mgonseni Silnelo in die Wes-Kaapse hooggereghof.
●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●
ALSO READ:
● SA Police negligence in farm-murders a large problem ...
Sep 28, 2014 - Initially, the policedid not confiscate these items until they were confronted ... The two assailants were acquitted.
● Faulty SA police stats: Afriforum suing SAPS for more reliable ...
Mar 7, 2015 - »FARMITRACKER ... The SAPS claims that 'only 271 farm murders were registered over past 5 years
●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●●
Plaasaanvallers vrygespreek op moordklag
Twee mans wat daarvan beskuldig is dat hulle ʼn Kaapstadse polisiebeampte tydens ʼn rooftog op ʼn plaas doodgeskiet het, is op ʼn aanklag van moord vrygespreek.
Regter Sakkie Maartens het Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof bevind daar is nie voldoende bewyse om Sicelo Kwayimani en Mgonseni Silnelo skuldig te bevind aan die moord op konst. Rozelle Witbooi (30) nie. “’n Skuldigbevinding aan moord kan nie geregverdig word nie en spesifieke feite in hierdie saak dui ook nie op strafbare manslag nie,” het Maartens gesê. Sithelo is egter wel skuldig bevind aan poging tot moord, terwyl Kwayimani op dieselfde aanklag vrygespreek is. Maartens het gesê terwyl een van die mans die skoot afgevuur het wat Witbooi doodgemaak het, kon die hof nie bevind wie die doodskoot afgevuur het nie. Maroela Media het vroeër berig (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/twee-wat-glopolisievrou-vermoor-volgende-week-gevonnis/) Witbooi het in Februarie verlede jaar saam met ʼn ander polisiebeampte, ao. Jonathan Koopman, op ʼn gewapende rooftog by ʼn groenteplaas in Kraaifontein gereageer. Daar het hulle op Kwayimani en Silnelo afgekom. ʼn Stoeiery het ontstaan en Witbooi is doodgeskiet. Beide verdagtes is skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede wat verband hou met die rooftog op die plaas, maar is vrygespreek op ʼn aanklag van ontvoering wat verband hou met plaaswerkers wat in ʼn koelkamer op die plaas toegesluit is.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/plaasaanvallers-vrygespreek-op-moordklag/
#FarmMurder