The 4 black genocidal killers: Rebecca Monyeki (38), domestic worker, Dickson Moyo (31), Amos Munyau (26) en Silas Ndlovu (44).... another 5 black killers are still at large
Vier verdagtes, waaronder die slagoffers se huishulp, het Woensdag vlugtig in die hof verskyn in verband met ’n plaasaanval in Thabazimbi waartydens Petro Res (59) doodgeskiet is. Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Rebecca Monyeki (38), die huishulp, Dickson Moyo (31), Amos Munyau (26) en Silas Ndlovu (44) het in die Thabazimbi-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en huisroof in verband met die voorval verlede Vrydag. Monyeki en Ndlovu is getroud. “Die saak is tot 8 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek. Die verdagtes se aansoek om borgtog is afgekeur en hulle bly in aanhouding,” het Otto bygevoeg. Maroela Media het vroeër berig (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/thabazimbiplaasaanval-slagoffers-in-kluis-toegesluit-vrou-doodgeskiet/) Petro, haar man Bruno (70), en ʼn vriendin is op 18 September op hul plaas, Matlopi, deur ʼn groep oorval en in die egpaar se instapkluis toegesluit. Petro is in die kop geskiet en haar man in die arm voordat die verdagtes van die toneel gevlug het. Die drie persone is eers ure later deur besoekers in die kluis gevind. Petro het reeds aan die skietwond beswyk. Vyf vuurwapens is tydens die aanval gesteel. Die polisie is steeds op soek na nóg vyf verdagtes wat glo met die aanval verbind word.
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/fotos-huishulp-drie-ander-in-hof-na-thabazimbi-plaasmoord/
ALSO READ:
#FarmMurder: Thabazimbi, Limpopo. Woman killed, husband severely injured
B) ■■ #FarmMurder: Update: Thabazimbi farm murder: Petro Res shot dead by 5 Black killers, husband shot in the arm & locked in safe with dead wife for 16 hours
#FarmMurder