Carl Dippenaar met sy wit kruis tydens sy verblyf op Mosselbaai. Hy word intussen vermis. Foto: Louise Karsten
MOSSELBAAI NUUS - 'n Man wat vroeër die maand met 'n houtkruis van Mosselbaai na die Mighty Men konferensie (MMC) begin stap het, word sedert verlede Maandag vermis.
Die 35-jarige Carl Dippenaar het vroeër die maand met 'n groot wit kruis vanuit Mosselbaai gestap om die Mighty Men Wes-Kaap konferensie wat vanaf 25 tot 27 September in Malmesbury plaasvind, by te woon.
Hy is laas op Maandag, 14 September in Kaapstad gesien.
Dippenaar is op 11 September tydens sy staptog na Kaapstad na bewering langs die pad deur drie mans aangeval en het in 'n hospitaal op Swellendam beland.
Hy het hierna saam met die MMC Wes-Kaap voorsitter vir 2015, Piperjames McGowan en sy vrou, in hul huis in Kaapstad gewoon. Volgens Piperjames het hy Carl die laaste keer gesien toe hy op Maandag, 14 September uit die huis met die voorneme om met haweloses te gaan gesels.
Hy het van sy besittings en sy asmapompie agtergelaat.
Intussen is Carl as vermis aangemeld en was daar nog geen verdere teken van hom nie.
Enige persoon met inligting word gevra om Piperjames by 082 575 8862 te kontak.
http://www.mosselbayadvertiser.com/news/News/General/147829/Man-wat-met-kruis-stap-vermis
#MISSING #ATTACK