Volgens Gerber, skat hy die vrou in haar sestigs.
"Die polisie wat op die toneel was sal met meer inligting kan help. Ons verneem dat die vrou met 'n skroewedraai in haar voorarm gesteek is," het Gerber gesê.
Daar was vanoggend glo ook ander voorvalle in die area. Wasgoed is van 'n draad by 'n huis in Gangestraat gesteel en bokse met huishoudelike items is in Voëlklipstraat gesteel.
Die polisie het die voorval bevestig maar het nog geen inligting bekendgemaak nie.
Meer inligting volg sodra dit beskikbaar is
http://www.georgeherald.com/news/News/General/148017/Vrou-met-skroewedraaier-aangeval#ATTACK