Velia Steenenkamp is Vrydagaand in haar kar in die Moot deur twee mans oorweldig en aangeval.
Zelda Brits (33)
Moot-vroue met baba in motor aangeval
Velia Steenenkamp en Zelda Brits met Brits se 14-maande-oue baba is Vrydagaand in die Moot aangeval
Twee Moot-vroue is Vrydagaand aangeval toe twee rowers hulle voertuig wou kaap. Die kapingspoging was op die hoek van Fratesweg en Micheal Brinkstraat.
Velia Steenenkamp (40), Zelda Brits (33) en Brits se 14-maande-oue baba was onderweg na Rietfontein toe twee mans hulle uit die bloute op die straathoek oorweldig het.
Die een man het Steenenkamp aan die hare uit die kar geruk, terwyl Brits in die voertuig geveg het om by haar baba te bly.
“Hulle het my ma en tannie geskop en geslaan om die kar te kry, maar Zelda het aanhou veg. Sy wou nie uit die kar nie omdat haar seun agter gesit het,” het Thinus Kotze, Steenenkamp se seun Saterdagaand gesê.
Volgens Kotze is altwee vroue nog erg geskok, maar dankbaar dat twee mans hulle te hulp gesnel het.
“Die twee mans het die kapers weggejaag en gesorg dat my ma-hulle veilig is. Hulle het agterna gery tot hulle by die huis gekom het. Wie ookal julle is, baie dankie vir die dapper daad,” sê Kotze.
Steenenkamp en Brits is altwee pimpel en pers na die aanval, maar sterk goed aan.
Kotze sê hulle het nog nie ’n klag by die polisie aangemeld nie. http://rekordmoot.co.za/51935/moot-vroue-met-baba-in-motor-aangeval/
ATTACK