(Jwplayer)

July 1, 2016

#FarmAttack: Just 2 days after Jan Hettema was murdered in the Boschkop area another 60 -year-old woman was attacked, tortured & almost killed in her home:

She was dragged to her bedroom & tortured with a gun pointed at her headThe black attackers threatened to cut off her fingers one by one... With a hot steam iron held next to her face...He asked her if she could feel the heat... She was also strangled with a television cable... and assaulted...
#StopWhiteGenocideInSA
Hierdie lae gemors....sterkte dame...
Rowers het gedreig om ’n 60-jarige vrou van die Boschkop-omgewing oos van Pretoria se vingers een vir een af te saag en in die plaasdam te gooi.

Dit was nie ver van waar Jan Hettema eergisteroggend vermoor is nie.

Die vrou, wat anoniem wil bly, het gister vertel van haar beproewing verlede Dinsdag.

Sy het laatoggend ’n kort man “met twee groot, bang oë ” en ’n mus by die ingang van ’n vertrek in haar huis sien staan. Die vrou sê sy het gaan lê “om haar onderdanigheid te wys”.

“Om jou lewe te beskerm moet jy nooit oogkontak maak nie,” glo sy.

“Jy bid onophoudelik. Dis net die Here wat jou kan help.”

Die aanvallers het haar hande en voete styf met maskeerband vasgebind en haar mond toegeplak.

Sy sê sy het nooit oogkontak gemaak, gehuil of gesmeek nie.

Die rower het haar na die sitkamer gesleep. Nog drie het die huis ingekom.

Een van die aanvallers het haar gedreig met ’n “bloedrooi” warm strykyster wat hy naby haar gesig gehou het.

“Voel jy die hitte,” het hy gevra.

Hulle het haar toe met ’n TV-kabel gewurg en die maskeerband oor haar mond afgetrek.

Sy het ’n harde hou op die linkeroor gekry.

Hulle het haar na die slaapkamer gesleep en gedreig om haar vingers een vir een af te saag.

Hulle het ook die loop van ’n handwapen ’n paar keer teen haar linkerslaap gedruk.

“Jy het sekondes. Ek maak jou nou dood,” het een gesê.

Daarna het hulle gedreig om ’n klip om haar nek te hang en haar in die plaasdam te gooi.

“Ek is nie bang om dood te gaan nie. God is my versorger,” het sy gesê.

Haar man (63) was nie tuis ten tyde van die voorval nie.

Die rowers het ’n vuurwapen, kontant, juweliersware en klere gevat en met haar Opel Astra weggejaag.
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1428297507196790&id=116298045063416

#StopWhiteGenocideInSA