(Jwplayer)

July 28, 2016

DOUBLE #MURDER: UPDATE: Two tells court how they killed the white Strauss couple

"He screamed and tried to run into the house.  Mpilo then grabbed David and stabbed him with a knife...  I can't remember how many times
...Ann then came out of the house and screamed when she saw us... she tried to run away but I grabbed her and dragged her into the house where I pulled out the knife and stabbed her several times...."
David (76)  & Ann (73) Strauss were killed in their home in Kwambonambi, KwaZulu-Natal in January

THE MASONIC PLAN IN ACTION 

VIOLENT SOUTH AFRICAN PARADIGM SHIFT TOWARDS GLOBAL COMMUNISM


Die twee mans wat David (76) en Ann (73) Strauss in Januarie in hul huis  in  Kwambonambi, KwaZulu-Natal, vermoor het, is Woensdag in die  hooggeregshof in Pietermaritzburg swaar gevonnis. Ntokozo Mbuyazi (21) en Mpilo Ngema (21) is albei tot twee keer lewenslange  tronkstraf  gevonnis  op twee aanklagte van moord. Hulle is  ook skuldig  bevind en gevonnis op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Maroela Media het vroeër berig 
Mbuyazi is op 18 Januarie in Kwambonambi in  hegtenis  geneem nadat hy met die egpaar se gesteelde voertuig gery het. Bankkaarte, beursies, ʼn pistool  en  ander goedere wat nie aan hom behoort het nie, is in sy besit gevind. Mbuyazi het erken dat hy en sy medepligtige die goed gesteel het en het die polisie na die huis van die Strauss-egpaar  geneem waar hy en Ngema die oggend die egpaar oorval, vermoor en besteel het. Ngema is  op 27 Januarie deur die polisie vasgetrek. Mbuyazi en Ngema het in hul skulderkennings aan die staat vertel hoe hulle die moord op die Straussegpaar beplan en uitgevoer het. Volgens Mbuyazi het die Strauss-egpaar se tuinier aan ʼn vriend van Mbuyazi vertel dat die egpaar ʼn kluis met baie kontant in hul huis het. Mbuyazi het hiervan te hore gekom en Ngema genader om hom te help om die huis te beroof. “Ons is die Maandag 02:00 na die egpaar se huis toe waar ons in die tuin weggekruip het. Ons was albei met messe gewapen,” het Mbuyazi gesê. “Om 06:00 het [David] uit die huis gekom en op die stoep gaan sit.  Ons  het  albei  op [David] afgehardloop. Hy het geskree en probeer om in die huis in te hardloop. Mpilo het  [David]  gegryp en met die mes gesteek; ek weet nie hoeveel keer nie.” Mbuyazi vertel verder hoe Ann uit die huis gekom en geskree het toe sy hulle sien. “Sy het probeer om weg te hardloop. Ek het haar teruggebring in die huis in en haar gesteek. Ek kan nie onthou hoeveel keer nie.”

Die twee mans het daarna verskeie van die egpaar se besittings, onder meer ʼn pistool, beursies, CD’s, elektroniese  toerusting,  drank  en  kameras in die egpaar se motor gelaai en van die toneel gevlug. Hulle is later  dieselfde  dag  in  hegtenis  geneem.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/twee-vertel-aan-hof-hoe-hulle-egpaar-vermoor/

#StopWhiteGenocideInSA