(Jwplayer)

July 17, 2016

#ATTACK: Nelspruit: Woman attacked at Nelspruit home by five blacks posing as municipal workers:police captures them, fortunately:

Pas op vir wie jy jou deur oopmaak

Vyf verdagtes is die naweek aangekeer na hulle ‘n vrou na bewering beroof het by haar huis deur hulself as munisipale werkers voor te doen.
Volgens Mbombela-polisiewoordvoerder kapt. Dawie Pretorius was die 22-jarige vrou verlede Vrydag omstreeks 12:00 besig om by haar huis in Hunterstraat te studeer.
Twee mans met blou oorpakke met Mbombela-munisipaliteit se embleem op, het die klokkie by die hek gelui en aangevoer hulle moes die perseel se elektrisiteitsmeter lees.
Sy het hulle ingelaat en is oorval. Nog drie mans het toe by hul makkers aangesluit.
Volgens die polisie is die verdagtes met ‘n Volkswagen Polo Vivo, ‘n iPhone, Samsung-slimfoon, ‘n televisiestel en ‘n skootrekenaar vort.
Hulle is oor die naweek in Pienaar gearresteer, nadat die polisie daarin kon slaag om intellegensie te bekom. Die voertuig en al die elektroniese toebehore is in hulle besit gevind, volgens Pretorius.
Hy het ‘n beroep gedoen op inwoners om versigtig te wees wanneer mense hulself as verteenwoordigers van diensverskaffers of die munisipaliteit sou voordoen.
“As mense by jou huis aankom met klere aan wat hulle identifiseer as werkers van die munisipaliteit of privaat maatskappye, kyk of hulle ook ‘n voertuig het met dieselfde kenteken op.
“Sou jy steeds nie tevrede wees nie, skakel eerder jou sekuriteitsmaatskappy om uit te kom na jou huis toe, voor jy die mense toelaat.”
Teen druktyd was dit nie bekend wanneer die beskuldigdes in die hof sou verskyn nie.
http://nelspruitpost.co.za/231928/pas-op-vir-wie-jy-jou-deur-oopmaak/ --
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1380039338676568&id=116752351671946

#StopWhiteGenocideInSA