(Jwplayer)

July 20, 2016

#ATTACK: Elderly woman (68) attacked, brutally assaulted & gang raped by five black terrorists at home in Dewetsdorp

Vyf jong mans is in hegtenis geneem nadat ʼn 68-jarige vrou van Dewetsdorp in die Vrystaat al om die beurt verkrag en beroof is. Konst.  Peter Kareli,  polisiewoordvoerder,  het  Maandag gesê die voorval het verlede week in Morojaneng plaasgevind. “Die  slagoffer  het  Woensdag in haar huis geslaap toe die groep, tussen 20 en 21 jaar oud, toegang tot die huis  verkry  het deur die deur oop te breek,” het Kareli gesê. “Twee van die verdagtes het die vrou aangerand en eerste verkrag, terwyl die res van die groep die huis geplunder het. Daar word beweer dat al  vyf  verdagtes  die weerlose vrou al om die beurt verkrag het.” Die verdagtes het met geld, ʼn DVD-speler, ʼn selfoon en kruideniersware op vlug geslaan. Die Dewetsdorp-polisie  en ʼn forensiese span van Bloemfontein het die voorval ondersoek en die verdagtes  is  binne  ure in die dorp opgespoor en in hegtenis geneem. Van die gesteelde goedere is in hul besit  gevind. Die vyf moet binnekort in die Dewetsdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting, huisroof, aanranding  met die doel om ernstig te beseer en opsetlike saakbeskadiging.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/vyf-vas-vir-verkragting-van-68-jarige/

#StopWhiteGenocideInSA