(Jwplayer)

July 11, 2016

At least three of the South African National Defence Force's largest ammo-depots are largely unguarded: Afrikaans article:

OPVOLG AMMUNISIE OPSLAG PLEKKE. (VOLLEDIGE BERIG.)
Gister en vandag was BKA en ek, weer oorval deur meestal liberales wat beskuldigings rondgooi, dat ek GEHEIME verklap oor wapenopslagplekke se ligging. (na aanleiding van my berig gister), en dat Suid Afrika dan nou skielik n teiken gaan wees vir terroriste en dat die EFF ens dan nou bakkie vragte ammunisie gaan begin wegry, ALLES net oor BKA se berig........... 
Een dapper held het my ook meegedeel dat ek by Nasionale Intelligensie verkla is. Dit is vir my baie snaaks dat daar so min mense is wat "dieper" kyk! SHARE die berig en hou dit in jou agterkop! As julle verstaan wat ek bedoel!

Die bekendste 3 is;
DoD Ammunition Sub Depot De Aar (ex 97 Ammunition Depot)6 (De Aar)
DoD Ammunition Sub Depot Naboomspruit (ex 91 Ammunition Depot) (Naboomspruit)
93 Ammunition Depot7 (Jankempdorp)

In the meantime the DoD has six licensed demolition facilities, namely De Aar, Naboomspruit, 93 Ammunition Depot, Touwssriver, Roodewal and Vastrap. SA stopped dumping ammunition at sea in 1995. (JP) Ek neem aan dat Touwsrivier, Roodewal en Vastrap ook wapen opslagplekke is. 

Die meeste wapenopslagplekke is geen geheim nie en algemene kennis. Daar is groot borde langs die pad en die wapenopslagplek se naam word pertinent aangedui. 

Meeste van die plekke het ook bomme, landmyne ens wat lankal verval het, en dus gevaarlik is om te hanteer. Vroeer jare is die ou ammunisie en bomme in die see gegooi maar deesdae is dit verbode. Onthou ook dat baie van die "bomme" n paar 100kg weeg! So dis nie net van laai nie! As ek moet raai sou ek se 90% van die ammunisie in so n opslagplek is totaal en al onbruikbaar vir die gewone persoon! Daar is ook letterlik DUISENDE tonne en tonne ou ammunisie, bomme, landmyne ens, wat meestal totaal onbruikbaar is.

Daar is ook gereeld parlementere vrae oor opslagplekke wat openlik beantwoord word. Daar word tot openlik werks aansoeke ge adverteer. Kyk fotos onder.

Van die opslagplekke (binne die hoofopslagplek), het massiewe bergingsvermoe. Hoe klink tot 200,000 KILOGRAM??? 

1. There is a quantity of 249 250kg Air force Bombs in store at the depot with signs of crystallisation. These aircraft bombs where manufactured in 1978 and 1979, well before your and my time. A detailed investigation which included chemical analysis was done on these bombs. The ammunition is unsafe for use but remains safe for storage, handling and transportation and has no threat to any lives or infrastructure. This ammunition can thus be destroyed safely by qualified SANDF personnel. 
"The last large scale of disposal at 93 Ammunition Depot was the AS 30 missile war heads and the white phosphorus that was demolished on 26 January 2012 at Duncan Demolishing Range. 
(3) To ensure the safety of the civilian population who moved to close proximity of the depot (within 2km effective range of the ammunition), nine (9) magazines were curtailed. Two (2) magazines were down scaled from 200 000kg to 15 000kg of explosives. One (1) magazine was reduced from 20 000kg to 15 000kg of explosives and the remaining six (6) magazines were reduced with 1 000kg of explosives each. 
.
(b) The DOD’s ammunition inspectors are satisfied with the safety standards of 93 Ammunition Depot. 
(c) Residents were advised to maintain a distance of at least 2km away from the ammunition depot in order to ensure their safety at all times." 

Geocache Description:
93 Ammo Depot, used to store ammonution for the the government, build in 1941.
93 Ammo Depot, gebruik om ammo vir die regering te stoor, gebou in 1941.

Afrikaans:
93 Ammo Depot (Royal Navy Armaments Depot)

Die depot is tydens die Tweede Wêreldoorlog gebou nadat Japan op 7 Desember 1941 aangedui het dat hy tot die oorlog toetree. Net die volgende dag het die Britte besluit om met ``Projek X'' in die Noord-Kaap tussen Jan Kempdorp en Ganspan te begin.

Daar is besluit om die basis feitlik in Suid-Afrika se geografiese middelpunt op te rig sodat dit buite bereik van die Japannese vliegdekskepe aan die Suid-Afrikaanse kus kon wees. Nog 'n rede vir die keuse van die ligging was die reeds bestaande spoorverbindings na Durban, Port Elizabeth en Kaapstad.

Die Britse koninklike vloot is in beheer van die depot geplaas. Dit is in dié tyd dat die depot se ``spook'' begin loop het. Ene mnr. Stiffy Swift, wat by die depot diens gedoen het in 1942, is dood toe hy 'n skeepsdieptebom laat ontplof het. Nou, jare later, glo mense steeds Swift patrolleer veral die ouer geboue gereeld. Hy het glo selfs eendag 'n soldaat beetgepak en sy identifikasieskyfie (dog tags) van sy nek afgeruk.

Die Unie-Verdedigingsmag het 'n aantal jare later met die oprigting van sy eie ammunisiedepot in dieselfde gebied begin. Later in die ‘50’s is die twee depots saamgevoeg onder die huidige naam en onder bestuur van die weermag geplaas. Die basis se hoofdoel is om die ammunisievoorraad van die weermag te help in stand hou. 'n Belangrike taak is om ook die ondiensbare of ou ammunisievoorraad van die weermag te vernietig.

Daar het die persepsie ontstaan dat daar 'n ondergrondse wapenopslagplek by die depot was. Inwoners het bespiegel dat daar sommer baie tenks en vliegtuie onder die grond geberg word. Ander het beweer dat dit net 'n kwessie van tyd is voordat die depot die hele Jan Kempdorp van die aarde gaan vee as van die ammunisievoorraad om die een of ander rede begin ontplof. ``Ek vermoed die mite van die vliegtuie wat ondergronds gestoor word, het ontstaan omdat die Hercules C 130-vragvliegtuie altyd saans op die basis geland het om voorraad vir die grens op te pik. 'n C 130 maak 'n allemintige geraas as hy land. Die vliegtuie het boonop altyd aan die dorp se kant geland, wat die geraas nog meer onder die inwoners se aandag gebring het. Die vliegtuie het dan later die nag waarskynlik as al die mense al slaap aan die teenoorgestelde kant, met heelwat minder geraas, weer opgestyg. Mense het toe maar twee en twee bymekaar begin sit en ses gekry.

Die ammunisie word volgens die strengste riglyne bewaar. Lugversorging sorg dat die temperatuur in die bunkers koel bly.

Geen wapendief sal maklik toegang deur die geëlektrifiseerde heining kry nie. Sedert die heinings in die vroeë ‘90’s opgerig is, was daar nie 'n enkele poging tot 'n inbraak nie. Die heining word sentraal op 'n rekenaar gemonitor. Die omheining strek oor 'n afstand van 118 km.

Die basis self, met die toetsterreine, is 6 500 vk. ha groot.

Die depot handhaaf steeds sy verbintenis met die Britse vloot. Só dra almal op die basis 'n swart baret en 'n swart leergordel. Swart is die amptelike kleur van dié vloot. Die amptelike bevelstaf van die depot is 'n regte Britse vlootswaard. Saam met die stukkie egte leeuvel wat die basis van die depotlede se borskentekens vorm, is dit voorwaar 'n vreemde kombinasie. Maar dan lê die basis ook geografies tussen twee wêrelde: aan die een kant die lushof van die Vaalharts-besproeiingskema en aan die ander kant die Kalahari se bossies en vaalte.

Rapport se berig gister.
Drie van die weermag se grootste ammunisiedepots, waaronder die grootste een van sy soort in die Suidelike Halfrond, lê grootliks onbewaak.
Dit kan terroriste en ander misdadigers in staat stel om bomme en plofstof te steel met die gemak waarmee ’n dief lekkergoed in ’n hipermark vaslê, het ’n veiligheidspesialis met 20 jaar ervaring in die bewaking van nasionale sleutelpunte die afgelope week aan Rapport gesê.
Die opskorting van verskeie staatskontrakte by die departement van openbare werke (DOW) in die nadraai van die Valke se ondersoek na wanbesteding by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning is vermoedelik een van die redes waarom daar al 18 maande lank geen kontrak vir die drie depots bestaan nie.
Die grootste depot is in die Noord-Kaap (Rapport weerhou die presiese ligging op regsadvies) en die subdepots is noord van Kimberley en naby Polokwane in Limpopo.
Al drie word nou net deur ’n paar militêre wagte opgepas en ’n nuwe sekuriteitskontrak word volgens die weermag nog eers beding.
Die grootste depot, in die Noord-Kaap, wek die meeste kommer.
“Die hekke staan oop. Die veiligheidskameras werk nie en die valboom by die hoofingang is deur iemand platgery. Enigiemand kan nou inry en homself gaan help,” sê Vossie Vosloo, wat meer as 20 jaar ’n sersant-majoor daar was.
Hy het daarna etlike jare lank by die veiligheidsmaatskappy gewerk wat gekontrakteer was om die perseel te bewaak.
“Daai plek is soos ’n hipermark vir enigiemand wat plofstof vir enige terreuraanval nodig het. Daar is enigiets van vliegtuig- tot skeepsbomme,” sê hy.
“Die elektriese heining is afgeskakel. Ek kan nou soontoe ry en ’n gat in die heining knip, na die bunkers toe ry en myself aan enigiets van bomme tot skerppuntammunisie gaan help. Niemand gaan dit agterkom nie.”
By al drie depots is die gesofistikeerde biometriese veiligheidstelsel van R8 miljoen, wat geïnstalleer is net voor die kontrak einde 2014 finaal beëindig is, in onbruik.
LS Turnkey, wat in gevorderde hoë-tegnologieveiligheidsmaatreëls spesialiseer, het sedert 1993 die staatstender gehad vir die bewaking van die grootste depot. Dit was dié maatskappy wat ook die modernisering van die veiligheid gedoen het – net om kort daarna te hoor die kontrak is beëindig.
Die kontrak, wat deur die weermag gefinansier is, maar deur die DOW bestuur is, het maar sowat R1 miljoen per jaar beloop. Dít het egter vyf hoogs opgeleide veiligheidsbeamptes, onder wie Vosloo, ingesluit om dag en nag te verseker niemand buit die ammunisie nie.
Die depot was altyd ’n nasionale sleutelpunt, maar is sowat twee jaar gelede tot ’n plek van nasionale belang afgegradeer.
Daar is egter steeds 175 deels ondergrondse magasyne oor ’n gebied so groot soos 29 rugbyvelde wat boordensvol ammunisie is.
Van die ongebruikte magasyne bevat minder gevaarlike, verouderde ammunisie en is verseël omdat die inhoud lank nie meer met veiligheid gebruik kan word nie.
Volgens Rudolph de Beer, uitvoerende hoof van LS Turnkey in Port Elizabeth, is die weermag se geld vir die kontrak na kontrakte met ’n hoër voorkeur verskuif.
“Ek het in Desember 2014 ’n brief aan die DOW en genl. Solly Shoke, die hoof van die weermag, geskryf om hulle almal in kennis te stel dat ek die heinings en veiligheidstelsels afskakel.
“Daar is spesiaal vir dié depot wysigings aan die veiligheidswetgewing gemaak wat ons toegelaat het om lemmetjiesdraad te elektrifiseer weens die enorme grootte van die gebied.
“Volgens beroepsveiligheidswetgewing mag net gekwalifiseerde en spesiaal opgeleide mense daarom die stelsel bedryf omdat dit mense kan doodskok,” sê De Beer.
“Ek het wetlik my plig nagekom deur alles af te skakel en die weermag ingelig. Enige verdere besluite berus nou by die militêre owerhede.”
Volgens Vosloo, wat sedert die kontrak beëindig is homself met sleurwerk aan die lewe hou, is basispersoneel verlede jaar opdrag gegee om weer die heining aan te skakel.
“Dis nie net vir aanskakel nie. Die gras is maande lank nie naby die heining gesny nie en die hele stelsel werk met ingewikkelde kodes. Daar is ook nie kragopwekkers wat dit deurlopend aan die gang kan hou nie. Daarom skop die hele spul uit as die krag afgaan.
“Mense sal doodgaan as hulle alles net wil aanskakel. Nou karring hulle maar so aan.”
Volgens hom is die valboom by die basis se hoofhek afgery en pas die enkele wagte by die hek dus nou ook die depot op.
Voorheen was die depot in die “rooi gebied” waar net enkele goedgekeurde personeellede toegelaat is.
Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, het by navraag gesê die weermag is besig om oor ’n nuwe beveiligingskontrak te onderhandel. Hy het die versekering gegee al die ammunisie word “deeglik bewaak”.
http://www.netwerk24.com/…/bom-skok-ons-wapens-is-onbewaak-…



ALSO READ: 
■ #Marikana: Large cache of exclusively-police shotgun cartridges found at #Lonmin property: 

#StopWhiteGenocideInSA