(Jwplayer)

June 18, 2016

#MURDER: UPDATE: Afrikaner André Christiaan Gebhardt, 53, strangled to death in Riebeeckstad Welkom home

GENOCIDE VICTIM: MURDERED:
The father found Gebhardt's body on the floor.
André Christiaan Gebhardt (52) 
#StopWhiteGenocideInSA
ALSO READ:
■ Murder: Afrikaner André Christiaan Gebhardt, 53, strangled to death in Riebeeckstad Welkom home
https://www.censorbugbear.org/farmitracker/reports/view/4441

opvolg- SKOKGOLWE het deur die hele Goudveld getrek ná die moord op ’n bekende haarkapper van Riebeeckstad.

Die vermoorde se pa het Dinsdagoggend (14/06) op sy lyk in sy huis afgekom.

André Christiaan Gebhardt (52) het sy haarkappery vanuit sy huis in Schumannstraat, Riebeeckstad, bedryf.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het Gebhardt se bejaarde pa, Dries Gebhardt, Dinsdag om 07:30 na sy seun se huis gegaan nadat hy nie sy seun in die hande kon kry nie.

Toe hy by die huis gekom het, was die hek by die heining gesluit.

Hy het egter gesien dat die veiligheidshek by die voordeur oopgestaan het.

Gebhardt sr. het ’n trapleer by die buurman gaan leen en oor die heining geklim. Toe hy by die huis ingegaan het, het hy op sy seun se lyk afgekom.

Gebhardt se hande was met skoenveters vasgebind. Daar was ’n tou om sy nek en die polisie vermoed hy is verwurg.

Volgens die polisie was die kluis in die huis oopgebreek en ’n onbekende hoeveelheid kontant en ’n selfoon word vermis.

Die huis was erg geplunder. Sy motor het voor die huis gestaan en was nie gesluit nie.

Dit wil voorkom of die moordenaar die voertuig deursoek het.

Gebhardt is op 16 September 1964 in Virginia gebore en het sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Hentie Cilliers voltooi.

Hy was ná skool vir ongeveer ses jaar aan die Suid-Afrikaanse Lugmag betrokke en was ’n gekwalifiseerde sjef waarna hy homself as ’n haarkapper gekwalifiseer het.

Gebhardt het 15 jaar in Kaapstad gewoon, maar is sedert 2000 weer terug in Welkom.

“Hy was baie kunstig en kon mooi skilder. Hy het ’n passie vir antieke meubels en die restourasie daarvan gehad,” sê Dries.

Gebhardt was ook lief vir tuinmaak en het met ’n pragtige tuin gespog.

Vriende beskou hom as ’n introvert wat baie kunssinnig en hardwerkend was.

“Hy was ’n meelewende mens met baie deernis vir ander en het gereeld bejaardes se hare by outehuise gaan doen en gehelp waar hy kon,” sê sy pa.

Gebhardt was besig om na ’n ander huis te trek. Sy pa sou hom Maandag help trek het, as dit nie gereën het nie.

Gebhardt was die tweede oudste van vyf kinders.

Hy word deur sy ouers, Dries en Cathy, twee broers, Tommie en Marius, asook twee susters, Cathy en Liezel, oorleef.

Gebhardt se roudiens is Saterdag (18/06) om 11:00 vanuit die AGS Tehila-kerk, Riebeeckstad.
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1416039255089282&substory_index=0&id=116298045063416

#StopWhiteGenocideInSA