(Jwplayer)

June 18, 2016

#MISSING: Still no sign of missing Afrikaner man, Abel Swanepoel (42) who dissappeared two weeks ago

Abel Swanepoel (42), a road worker from Kroonstad went missing two weeks ago
#StopWhiteGenocideInSA
Padwerker van Kroonstad steeds vermis

Amper twee weke nadat Abel Swanepoel (42), ’n padwerker van Kroonstad, vermis geraak het, is daar steeds geen teken van hom nie en die polisie het die soektog nou na ander dorpe uitgebrei.

Twee mans word nou in verband met Swanepoel se verdwyning gesoek en is volgens inligting in Bethlehem.

Swanepoel is op 4 Junie laas gesien.

Volgens Walter Potlaki van die maatskappy Sedtrade het Swanepoel op ’n erf van die maatskappy in die dorpsgebied van Kroonstad gebly.

Sedtrade herstel dié dorp se paaie en Swanepoel het meer as ’n jaar by die maatskappy gewerk.

Swanepoel het nie verlede Maandag vir werk opgedaag nie en sy bekommerde kollegas het hom by die polisie in Kroonstad as vermis aangemeld.

Potlaki het Woensdag gesê hulle begin nou glo “iets slegs” het met Swanepoel gebeur.

Sy bankkaart is verlede week by een van Kroonstad se KFC-takke gebruik. Volgens die polisie lyk dit asof al die geld dieselfde dag uit Swanepoel se bankrekening onttrek is.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het bevestig dat Swanepoel as vermis aangegee is en dat die polisie alle leidrade opvolg om hom op te spoor.

Enigiemand wat met inligting oor Swanepoel kan help, kan Potlaki by 078 337 2141 bel of die polisie in kennis stel.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/padwerker-van-kroonstad-steeds-vermis-20160616

#StopWhiteGenocideInSA