(Jwplayer)

June 29, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Verkykerskop: Two black attackers were arrested at Memel on Saturday after Afrikaner Van Wyk couple were brutally attacked & assaulted on their farm

ALSO READ:
■ #FarmAttack: Afrikaner Van Wyk couple attacked & assaulted by 2 black attackers on the farm Christina in the Mont Pelaan area

Twee vas ná Verkykerskop-plaasaanval 
28 Jun 2016

Memel - Twee vermeende rowers, wat Saterdag op Memel in hegtenis geneem is in verband met diefstal van rekenaars by ‘n plaaslike skool in Maart vanjaar, word met die wrede aanval op ‘n bejaarde egpaar in die Verkykerskop-distrik verbind.

Vrystaatse polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê Wetsie Malilga, ‘n oudleerling van dié betrokke skool se vriendin wat vir ondervraging ingeneem is, het aangedui hy het aan haar ‘n selfoon geskenk. Mophiring sê dié selfoon is een van twee selfone wat op 17 Junie uit Bertus van Wyk en sy vrou Trudie se huis by Verkykerskop gevat is. Hulle is met staalsparre in hul slaapkamer aangerand en beroof. ‘n Vriend van Malilga, Bimboy Twala, is ook Saterdag aangekeer. Volgens Mophiring het die verdagtes gister vlugtig in die landdroshof op Vrede op aanklagte van huisbraak ná die Maart-voorval verskyn. Hulle is môre weer in die rondgaande hof op Memel in verband met dieselfde voorval.

Hy sê die Valke sal die ondersoek in verband met die klag van gewapende roof op die Van Wyk-egpaar oorneem nadat die verdagtes môre in die hof op Memel verskyn het. Die verdagtes, albei 24, bly in aanhouding en sal na verwagting volgende week aangekla word en in die landdroshof op Harrismith verskyn weens die Verkykerskop-aanval.

Mophiring sê die Van Wyk-egpaar se silwer Mazda dubbelkajuit-bakkie waarmee die booswigte op die vlug geslaan het, is kort ná die aanval verlate op Ladysmith in KwaZulu-Natal gevind. Die rowers het ook met R3 000, ‘n skootrekenaar, en die egpaar se bankkaarte op die vlug geslaan.  

Voorsitter van die Verkykerskop-landbouvereniging en leier van die Vryheidsfront Plus (VF+) in die Vrystaat, Jan van Niekerk, het vroeër aan OFM-nuus gesê die erg getraumatiseerde egpaar is in die private hospitaal op Newcastle in KwaZulu-Natal behandel. Hul beserings was volgens hom skokkend en dit was duidelik dat hul aanvallers uiters aggressief was. Die booswigte was duidelik daarop uit om die egpaar te verniel.

Volgens Van Niekerk is dit baie wreed om staalsparre op 'n mens se kop te buig. Die egpaar het wonde aan hul arms, soos hulle aanvanklik die houe probeer keer het, sê hy. Hulle het ook beserings aan die kop, bors en die rug opgedoen. "Ek het die wonde gesien - dit is skokkend."

Die booswigte het toegang tot die huis verkry deur 'n ruit in 'n spaarkamer in die huis te breek. Die ruit is vermoedelik reeds uitgehaal deur die booswigte toe die egpaar nie tuis was nie. Bertus het wakker geword van 'n selfoonliggie wat een van die booswigte in sy hand gehad het. Een van die mans het dadelik na hom in die bed gegaan, terwyl die ander rower by Trudie was. Bertus was bewusteloos in sy bed en het nie beweeg nie totdat die rowers weg is. 

Volgens Van Niekerk het die mans ook vuurwapens gesoek, maar Trudie het gesê hulle het nie ‘n kluis of vuurwapens in die huis nie. Die rowers het gedreig dat hulle sal terugkom as die egpaar nie die korrekte sekuriteitsnommers vir hul bankkaarte verskaf nie.
http://www.ofm.co.za/article/local-news/187762/twee-vas-n%C3%A1-verkykerskop-plaasaanval

#StopWhiteGenocideInSA