(Jwplayer)

June 14, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Afrikaner owner of a farm near Bethal was attacked in his home by black attackers armed with 9mm pistols


BETHAL – ’n Eienaar van ’n plaas buite Bethal op die Hendrina-pad is omstreeks 7.23nm op Donderdag, 19 Mei deur drie rowers wat met 9mm vuurwapens gewapen was, op sy plaas beroof.
Volgens adj.-off.. Riaan Smit van Bethal Polisie was die eienaar alleen op die plaas.
Sy seun was elders besig om te stroop en hy het vir sy seun gewag om terug te keer.
Die hek se klokkie het gelui, waarna die eienaar vermoed het dat dit sy seun was en die hek oopgemaak, maar dit was een van die rowers.
’n Man het by die hek gestaan en voorgegee dat hy een van die bestuurders van ’n vragmotor op die plaas was.
Hy het gesê daar was probleme met papierwerk en dat hy in die huis in wou kom sodat hulle dit kan uitsorteer en die eienaar die papiere kon teken.
Oomblikke nadat die voordeur se veiligheidshek oopgesluit is, het nog twee mans hul verskyning gemaak en was met vuurwapens gewapen.
Die rowers het hul weg in die huis gedwing en vuurwapens en geld geëis.
Volgens adj.-off. Smit het die eienaar aan die rowers verduidelik dat sy seun op pad was en dat hy ook gewapen is.
Die oortreders het met drie vuurwapens, kontant en die eienaar se bakkie gevlug.
Volgens die eienaar se seun, is sy ma oorsee en sy pa is ongedeerd maar erg getraumatiseer.
Die polisie het die bakkie by die taxistaanplek op Bethal gevind.
Die rowers is nog soek.
Adj.-off. Smit het gesê: “Maak seker wie by jou hek of deur is voordat jy vir iemand toegang tot jou perseel gee.
“Kyk na jou veiligheid en wees paraat.
“Moenie net aanneem dat iemand is wat hulle voorgee om te wees nie.”
Vuurwapens moet ook dadelik aangemeld word nadat dit gesteel is.
http://ridgetimes.co.za/64494/rowers-slaan-op-bethal-plaas-toe/
ALSO READ:
■ #FarmAttack on Afrikaner farmer, Lood vd Merwe's farm between Hendrina and Bethel 
http://stopwhitegenocideinsareports.blogspot.co.za/2016/05/farmattack-on-afrikaner-farmer-lood-vd.html
#StopWhiteGenocideInSA