(Jwplayer)

June 30, 2016

#FarmAttack: UPDATE: Afrikaner man, Danie Janse van Rensburg (44) and his family were attacked by armed black attackers at their home in Palmietfontein, Pietersburg

GENOCIDE VICTIM: Danie Janse van Rensburg was shot during the attack and the bullet lodged in the wall was intended for his wife. . .
#StopWhiteGenocideInSA

Palmietfontein-gesin vertel van skrikwekkende ervaring

Pieterburg – Die gesin is net na 05:00 een oggend verlede week deur vier gewapende mans oorval en van kontant beroof.

Danie Janse van Rensburg se vrou, Sharon, vertel sy het vroegoggend, soos haar gewoonte is, die honde uit die huis gelaat.

“Die honde het begin blaf, soos hulle al vantevore gedoen het, maar dit was eers toe die deur oopgestamp word dat ek besef het iets is fout.”

Sy vertel hoe een van die vier mans ‘n pistool in die lug gehou het en vir haar beduie het om stil te bly.

Op daardie oomblik het sy geweet sy moes op ‘n manier vir Danie inlig van die gebeure.

“Ek het so kalm as wat ek kon net gesê, ‘Skat, hier is mense in die huis’.”

Die mans het agter haar aangestap na die hoofslaapkamer toe en haar uiteindelik daar ingestamp, waarna sy ‘n skoot gehoor het.

“Ek het vorentoe geval op die bed en was nie seker waar ek raakgeskiet is nie, alles het vinnig gebeur. Danie het probeer vorentoe beur. Ek het die tweede skoot gehoor en toe die bloed gesien,” vertel sy.

Dit blyk dat Danie in die skietery gewond is.

Na dié gebeure is die mans saam met die egpaar na die kinders se kamers.

“Hulle is vasgebind en daarna het die mans al die fone in die huis gesoek.”

Die aanvallers het op kontant aangedring, en wou weet waar die kluis is. “Ek het vir hulle die inligting gegee en die een man het toe ons kluissleutel uit sy sak gehaal. Hy moes dit vroeër van die rakkie afgehaal het. Ek het besef die mans wéét wat hulle doen.”

Nadat hy vir hulle al die kontant in die kluis gegee het, het die mans ook die skootrekenaars gebuit, voordat hulle vir Danie teruggeneem het hoofslaapkamer toe en hom vasgebind het.

“Ons het geweet dit is die einde. Ons was net nie seker wanneer nie,” vertel Danie.

Nadat die mans bankkaarte gevat het, asook Sharon se motorsleutel, het hulle op die vlug geslaan.

“Ons het stil gelê en was nie seker wat om te doen nie. My dogter sê toe ons moet bly lê totdat die honde ophou blaf.”

Die gesin het hulself bevry uit die toue om hul hande, en die gemeenskappolisiëringsforum ingelig van die aanval.

Binne minute is ‘n soektog van stapel gestuur.

Danie is met ‘n ambulans na die hospitaal afgevoer waar hy vir ‘n skietwond behandel is.

“Al wat ek probeer doen het was om my gesin te beskerm,” herroep hy die gebeure.

Sy raad aan diegene wat hulself moontlik in dieselfde situasie mag bevind, is om kalm te bly.

“Praat met die mense en vertel vir hulle wat jy gaan doen, voordat jy iets doen. Moenie die held wees nie. Dis nie jou lewe werd nie. Die vrees wat ek en my gesin deur is wens ek nie toe vir my grootste vyand nie. ‘n Mens voel ontbloot en ek weet nie of dit ooit sal weggaan nie,” vertel hy.

Polokwane Polisiewoordvoerder, AO Lesiba Ramoshaba, het bevestig ‘n saak van poging tot moord, en roof word ondersoek.
http://reviewonline.co.za/157704/gesin-aangeval/

#StopWhiteGenocideInSA