(Jwplayer)

June 6, 2016

#FarmAttack: Three armed black attackers were arrested following a farm attack at Warden district, Welverdien. No injuries reported yet!


Skaars twee uur nadat vyf gewapende mans op 'n plaashuis in die Warden-distrik in die Vrystaat toegesak het en met huishoudelike items op die vlug geslaan het, is drie van hulle in 'n buurdorp aangekeer.

Kapt. Zweli Mohobeleli, polisiewoordvoerder, sê drie van die vyf mans wat Maandagoggend omstreeks 10:00 op die plaas Welverdien in die distrik Warden toegeslaan het, is omstreeks 12:00 in Villiers aangekeer.

Die twee ander rowers het op die vlug geslaan en word tans deur die polisie en boere in die distrik gesoek.

Mohobeleli sê vyf gewapende mans in 'n blou BMW met 'n Limpopo-registrasienommer het op die plaashuis toegesak en die huishulp vasgebind.

Twee plaaswerkers het ondersoek ingestel toe die vrou geskreeu kort nadat die mans in die huis betrap is.

"Ook hulle is deur die verdagtes oorval en vasgebind, asook 'n vierde werker wat van die dorp na wat plaashuis gegaan het."

Die rowers het die huis vir waardevolle items deursoek en selfs die kluis oopgebreek voordat hulle met onder meer 'n televisiestel en ander items op die vlug geslaan het.

"Gelukkig was daar geen vuurwapens in die kluis nie."

'N Soektog na die vyf mans is gelas nadat een van die werkers wat vasgebind is hom losgewikkel het en die polisie en boere in die omgewing van die voorval in kennis gestel het.

Hendri Jansen van Rensburg, voorsitter van die Warden-distriksboereunie, sê genadiglik is niemand in die voorval beseer nie.

"Behalwe vir die groot skrik, is niemand in die voorval beseer nie."

Die polisie ondersoek 'n klag van Huisbraak.

Die eienaar van die plaas en sy vrou was ten tyde van die voorval nie by die huis nie.

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/vermeende-plaasrowers-vinnig-aangekeer-20160606


Plaasaanval Wardendistrik Welgevonden..

Kluis is uit muur gebreek maar geen wapens was in kluis nie.'n Blou BMW met Limpopo registrasie plate het op die N3 gevlug. Die plaasbewoners se toestand is groen..

Die snelweg is dopgehou en daar is sopas drie SWART TERRORISTE gearresteer met een vuurwapen.

Dankie vir almal se skitterende en vinnige optrede.
https://facebook.com/story.php?story_fbid=563401583837631&id=100005033835388

#StopWhiteGenocideInSA