(Jwplayer)

June 13, 2016

#ATTACK: Survives: Elderly woman (86) attacked by black attackers at home & locked up in car boot for hours



Bejaarde vrou van Reddersburg in die Vrystaat se lewe is waarskynlik deur haar bure gered wat die polisie gebel het toe hulle "verdagte aktiwiteite" by haar huis gesien het.

Die vrou (86) is Sondagoggend in haar motorhuis in haar motor se bagasiebak gevind.

Sy is nie beseer nie.

Twee mans wat haar na bewering Sondag omstreeks 01:20 oorval, beroof en in die bagasiebak toegesluit het, is ook later die oggend aangekeer.

Lt.kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die vrou het geslaap toe die mans by haar huis ingebreek en haar wakker gemaak het.

Hulle het haar bankkaart en PIN geëis.

Nadat sy dit vir hulle gegee het, het hulle haar in haar motor se bagasiebak toegesluit en met die sleutels gevlug.

Volgens Mbambo het bure die polisie gebel nadat hulle verdagte bewegings in die vrou se huis gewaar het. Met die polisie se aankoms het hulle die vrou ongedeerd in die bagasiebak gevind.

Die rowers is omstreeks 05:00 by hul onderskeie huise aangekeer. Die polisie het eers 'n man in hegtenis geneem waarna hy die polisie gaan wys het waar hulle die vrou se motorsleutels weggegooi het en wie sy medepligtige was.

Die geld wat hulle uit hul slagoffer se bankrekening onttrek het, is ook teruggevind.

Die mans, onderskeidelik 37 en 40 jaar oud, verskyn na verwagting Dinsdag op aanklagte van huisroof in die hof op Reddersburg.
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/bejaarde-van-reddersburg-in-bagasiebak-gevind-20160613

#StopWhiteGenocideInSA