(Jwplayer)

June 15, 2016

#ATTACK: Afrikaner woman, Rina Pretorius (86) was attacked & held at knifepoint for the third time at home by the same black attackers; she recognized their voices from the previous attacks

GENOCIDE VICTIM: Rina Pretorius (86)
’n Bejaarde vrou van Reddersburg het wonderbaarlik ontkom aan ‘n derde rooftog in haar huis en wat op ‘n baie soortgelyke wyse as die vorige kere gepleeg is.
Mev. Rina Pretorius (86 jaar) is Sondag in die oggendure met ‘n mes aangehou en beroof, waarna haar twee aanvallers haar in die kattebak van haar motor toegesluit het.
Dit is die derde keer dat sy in die nag oorval en beroof is, en ten minste een van die verdagtes het haar verlede jaar ook aangeval. Volgens die polisie moet hy weer op 21 Julie weens die betrokke aanval op haar in die hof verskyn.
Sy kan nie onthou wanneer die eerste rooftog was nie, maar herken al die rowers se stemme, en hulle werksmetode stem baie ooreen.
Die twee rowers het mev. Pretorius in die oggendure wakker gemaak en onder andere haar bankkaart en geheime nommer geëis.
Hulle het haar in die kattebak van haar motor gestop terwyl hulle ‘n mes teen haar keel gehou het.
Haar bure oorkant die straat se honde het aanhoudend geblaf en dit het die egpaar beweeg om ondersoek te gaan instel wat aangaan.
Hulle het haar uit die kattebak van haar motor gered. Sy is gelukkig nie beseer nie.
Die inligting wat mev. Pretorius verskaf het, het die polisie gehelp om een van die mans (wat haar ook verlede jaar aangeval het) enkele ure na die aanval aan te keer.
Hy het die polisie gewys waar hulle haar motorsleutels weggegooi het en wie sy makker is.
Hulle sal na verwagting vandag in die landdroshof op die dorp verskyn.
Mevrou Pretorius se dogter, Annamarie O’Halloran (41 jaar) is in 2008 op Reddersburg vermoor.

http://www.dievryburger.co.za/2016/06/bejaarde-vrou-oorleef-derde-roof/

(Stefanie)- opvolg- Bloemfontein. – Booswigte het ’n bejaarde vrou, Rina Pretorius (86) van Reddersburg, die derde keer in haar huis op dié dorp oorval, met ’n mes teen haar keel aangehou en haar van geld, haar bankkaart en geheime nommer, selfoon en polshorlosie beroof.

“Dit is die derde keer dat ek in die nag oorval en beroof word, en elke keer blyk dit dieselfde mense te wees wat dieselfde metodes gebruik. Ek ken die stemme,” het Pretorius van Coetzerstraat 46 gister aan Volksblad gesê.

Twee mans, onderskeidelik 37 en 40 jaar oud, is kort ná die aanval in hegtenis geneem.

Die polisie het bevestig een van die verdagtes het Pretorius verlede jaar ook aangeval. Sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, sê dié man moet weer op 21 Julie weens verlede jaar se aanval in die hof verskyn.

Pretorius is Sondag tussen 01:00 en 02:00 aangeval.

“Ek is wakker gemaak en my oë is net soos met die vorige voorval in Junie 2015 met ’n handdoek toegebind. Daar moes twee mans gewees het. Hulle het my toe laat opstaan, ’n geweer of pistool geëis en ook my bankkaart en geheime nommer gevra. Hulle het ook R70 uit my beursie gevat, asook my selfoon en polshorlosie.”

Die booswigte het later ook geld uit haar rekening onttrek.

Pretorius het gesê in die motorhuis het hulle haar in die bagasiebak van haar wit Honda-motor geboender, terwyl hulle ’n mes teen haar keel gedruk het.

Haar aanvallers het toe met die motor se sleutels gevlug en dit weggegooi.

“My buurman oorkant die straat, William Johnson, se maltese honde het heeltyd geblaf. Dit het hom onraad laat vermoed. Hy en sy vrou, Julandi, het by my huis kom kyk wat gebeur.

“Toe hulle my nie in die huis kry nie, is hulle na die motorhuis waar hulle die bagasiebak van die binnekant van die motor (wat oop was) af oopgemaak het.”

Sy is nie deur die aanvallers beseer nie.

Pretorius sê toe sy uit die bagasiebak bevry is, het sy net vir die Here dankie gesê dat sy lewe.

“In die bagasiebak het ek ook net heeltyd gebid. Ek weet nie hoe lank ek daarin gelê het nie, maar dit was nie ’n halfuur nie. Toe ek uitkom, het die polisie ook net daar stilgehou.”

Pretorius sê die vorige voorval was presies ’n jaar gelede, maar sy kan nie onthou wanneer die eerste aanval op haar was nie.

Sy sê die booswigte het toegang verkry deur ’n klein vertrekkie wat op die voorstoep uitloop. Die veiligheidsdeur was glad nie beskadig nie, maar twee glaspanele was uit die houtdeur gebreek.

Sy sê die polisie was “wonderlik” en sy wil hulle en haar bure bedank.

Lt.kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is Sondag omstreeks 05:00 by hul onderskeie huise aangekeer nadat Pretorius inligting aan die polisie verskaf het.

Mbambo sê dié inligting het die polisie gehelp om een van die mans (wat Pretorius ook verlede jaar beroof het) op te spoor en in hegtenis te neem.

Die man het die polisie gaan wys waar hulle die vrou se motorsleutel weggegooi het en wie sy medepligtige is.

Die geld wat hulle uit hul slagoffer se bankrekening onttrek het, bankkaart en selfoon, is ook teruggevind.

“Al wat nie teruggekry kon word nie, is my polshorlosie,” sê Pretorius.

    Die verdagtes verskyn na verwagting vandag op aanklagte van huisroof in die hof op Reddersburg.


Pretorius is al deur erge trauma in haar lewe. Haar dogter Tersia Potterton (46) en kleinkind Errol Potterton (13) het in Junie 2005 in ’n grusame motorongeluk in Oos-Londen gesterf. Boonop is haar dogter Anna-marie­ O’Halloran (41) op 23 Julie 2008 op Reddersburg vermoor.
https://facebook.com/story.php?story_fbid=1414403761919498&substory_index=0&id=116298045063416
#StopWhiteGenocideInSA